Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
BVM verbeur R80 m. wat nie aan huise bestee is

Etlike raadslede het die mond in die jongste raadsvergadering behoorlik uitgespoel oor meer as R80 miljoen wat nie die afgelope boekjaar deur die BVM op behuising bestee is nie.

“Die bedrag word na die nasionale begroting teruggeskuif, maar dit het geen uitwerking op ons Transhex-behuisingsprojek nie. Huise sou in Desember oorhandig word, maar die bouproses is vertraag en ons sal dit moet uitstel,” sê Antoinette Steyn, die BVM se uitvoerende burgemeester.

Volgens die burgemeester is die geld teruggeneem omdat die munisipaliteit se boekjaar nie dieselfde as die nasionale regering s’n is nie. Hulle neem dus die geld terug en ken dit aan projekte toe wat nog binne hierdie tydraamwerk sal kan plaasvind.

“Ons is besorg daaroor dat die munisipaliteit die verantwoordelikheid nou na die nasionale regering wil skuif. Die munisipaliteit moet besef die mense kyk na hulle vir behuising en hulle moet seker maak dat daardie behoefte versadig word,” sê raadslid Colin Wilschut (Breedevallei Onafhanklik).

“Daar is geen manier dat die munisipaliteit hom in hierdie situasie heeltemal kan verontskuldig nie. Daar bestaan twee redes hoekom geld deur nasionaal teruggevat word. Dit is onderbesteding en geen besteding.

“Ons almal het besit geneem van die Transhex-projek as ons eie en nou kan ons nie toelaat dat niemand in die munisipaliteit aanspreeklik gehou word nie,” sê Wilschut.

Die munisipaliteit sê in ’n persverklaring dat die departement van behuising vir sulke projekte verantwoordelik is. Hulle is dus in beheer van toewysing en implementering van geld. Verder sê die BVM die rede waarom die geld aanvanklik aan die munisipaliteit toegeken is, was omdat hy as ’n begunstigde beskou is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.