Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Carmi se wense word waar

Standard het onlangs berig oor die 14-jarige Carmi Miché Philander van Robertson, ’n tiener wie se talent geen perke ken as dit by skryf kom nie.

Sy is een van 20 mense wêreldwyd wie se gedigte vanjaar in ’n eksklusiewe digkunskompetisie koning gekraai het en haar werke kon publiseer, en nou is haar naam besig om Suid-Afrika op horings te neem.

Carmi is tans ’n leerder aan die Robertson Logos-Christenskool en floreer op akademiese gebied.

Almal wat haar ken, praat van haar ongelooflike werksetiek en haar vermoë om aan te hou probeer totdat sy iets regkry, maar sy is geen vreemdeling as dit by swaarkry kom nie.

“Ek is werkloos, maar haar ma (Marion) het darem werk buite die dorp,” vertel haar pa, Cupido Philander. “Carmi slaap al vir 10 jaar op ’n matras op ons vloer terwyl ons by haar ouma woon. Sy kla nooit nie. Dit is nie die gewenste omstandighede vir haar nie, maar sy floreer ten spyte daarvan. Sy doen al haar huiswerk op haar eie en dien die Here elke dag getrou.”

Carmi het tydens die inperking drie gedigte in Engels, haar tweede taal, geskryf en van die Kreatio-digkunskompetisie te hore gekom. Sy het summier ingeskryf en geduldig op die kritiek van die beoordelaars gesit en wag.

Sedertdien het sy nog heelwat boeke geskryf en het gewens om haar eie rekenaar te kry.

Standard het verneem van ’n plaaslike borg in Worcester wat graag vir haar ’n rekenaar wil gee om haar passie en drome verder te kan uitleef.

Nie net word Carmi met hierdie rekenaar geseën nie, maar ’n anonieme borg het ook geld bygedra vir haar skoolfonds en sy het verlede week op kykNET se E-nuus verskyn as deel van ’n insetsel oor haar lewe.

Die digbundel waarin sy verskyn, sal ook eersdaags aanlyn te koop wees en Carmi hoop om eendag welbekend te wees.

“Dit is ’n groot eer. Ek is baie opgewonde en baie dankbaar,” vertel sy aan Standard.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.