Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Crusaders hou verjaardagkompetisie

Die Crusaders-Kersfeeskoororkes, ook bekend as CCC, het onlangs sy 70ste verjaardagkompetisie in Esselenpark-stadion gehou.

Altesaam sewe kerke van Kaapstad en die platteland het Sondag 28 April aan dié kompetisie deelgeneem.

Die Worcester-gemeenskapsorkes het as genooide gaste opgetree. Dié keer het die orkes Viliant Hearts van Mitchells Plain as algehele wenner weggestap nadat hulle die meeste punte vir die dag bymekaargemaak het. Hulle is gevolg deur Crusaders (tweede), Young Royal Crusaders en Wisemen of the East (gesamentlik derde) en The Fleet (vierde), Robertson Old St Blues (vyfde) en Uni Stars (sesde).

Die kerke het onderskeidelik in die “tiny tot”, junior en senior afdelings deelgeneem en Wisemen of the East het die “tiny tots”-afdeling gewen. Robertson Old St Blues het die junior afdeling gewen en Valiant Hearts die senior afdeling.

In die afdeling vir ’n voorgeskrewe lied, ook bekend as die solo-afdeling, is Crusaders die wenners, gevolg deur Wisemen of the East (tweede), Young Royal Crusaders (derde), The Fleet (vierde), Valiant Heart (vyfde), Robertson Old St Blues (sesde) en Uni Stars (sewende).

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.