Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Damme tot oorlopens toe vol ná reën

Vir die eerste keer in baie jare is die meeste van die damme in die Wes-Kaap tot oorlopens toe vol, hoewel daar steeds damvlakke is wat kommerwekkend laag is en gebiede wat dringend reën kort.

Plaaslik is die dam wat Worcester van die meeste van sy water voorsien, die Stettynskloof, vandeesweek 101% vol.

Nog damme in die Breede-opvangsgebied wat vol is, is die Buffeljagsdam (101%), Eikenhofdam (102%), Theewaterskloofdam (99%) en die De Bosdam (101%).

By die Brandvlei- en Kwaggaskloof­dam is dit egter nog ’n ander prentjie. Brandvlei is maar 49% vol en Kwaggaskloof 48%.

Die Keeromdam is 21% vol en die Pietersfonteindam 25%.

“Nog reënval die week sal tot verdere stygings in die dam- en riviervlakke in die provinsie bydra,” sê Anton Bredell, LUR vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelings­beplanning in die Wes-Kaap.

Die jongste gemiddelde damvlak in die Wes-Kaap is 71,5% (53% verlede jaar).

“Ons beleef ’n bogemiddelde reënseisoen en ons is dankbaar,” sê Bredell. “Sommige streke, veral die opvangsgebied van die Gouritsrivier, het steeds reën nodig. Ons hoop om daar verligting te sien.

“Elders in die provinsie, veral die Kaapstad-metro, die Kaapse Wynland en Overberg, is die grond versadig.”

Bredell het die publiek versoek om uiters versigtig te wees wanneer hulle gedurende gure weer in die provinsie reis.. ’n Koue front met sterk wind, swaar reën en hoë deinings wat met springgety saamval het die Wes-Kaap Maandag getref.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.