Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Dankseggingsdiens maak ’n verskil

Lidmate van die VGK Worcester-Oos het Sondag 24 November op ’n gepaste wyse hul dank en waardering vir hul talle seëninge getoon deur niebederfbare goedere soos suiker, rys, blikkieskos, visolie, meel, melk, toiletpapier, toiletware, pastas en selfs vars groente na die diens te bring.

Hierdie inisiatief, wat reeds die afgelope aantal jare groot byval by gemeentelede vind, groei jaarliks en verlede jaar kon meer as 120 hulpbehoewende gesinne baat vind by die kospakkies.

Geoordeel aan die positiewe reaksie voor en met vanjaar se diens, kan verwag word dat ’n groot aantal gesinne weer hierdie jaar voordeel sal kan trek uit die bydraes aangesien die ruimte voor die kansel volgepak was.

By die erediens is ook geskenke aan Japie Brandt uitgedeel, wat reeds die afgelope 15 jaar gemeentelede se motors by die kerk oppas. Lucille Buys het ’n geraamde sertifikaat vir haar diens as skribakassier gekry vir bykans 18 jaar wat sy by die gemeente werk.

Die toiletware sal, soos in die verlede, aan Nuwe Hoop-sentrum vir gehoorgestremdes oorhandig word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.