Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
'Daar was 'n tyd toe ek gedink het my man gaan dit nie maak nie.'
De Doorns-gesin op reservaat aangeval

Brodie aanval
Die Brodie-gesin. Van links is Louise, Julia (wat nie by die huis was toe die aanval plaasgevind het nie), Philip en Bruce.


“Daar was ‘n punt wat ek gedink het my man gaan dit nie maak nie.”

Sò sê Louise Brodie nadat haar gesin Donderdag omstreeks 17:00 op hul eiendom, die Ochre-reservaat by De Doorns, aangeval is.

Brodie aanval
Die Brodies se bakkie en motor is deur die polisie afgesper by die hospitaal om na leidrade te soek. Die meeste van die gesin se goedere is in die bakkie teruggekry. Foto: Nasifa Sulaiman

Haar man, Bruce, is erg beseer toe die aanvallers onder meer op sy kop getrap het. Die aanvallers het ook gedreig om haar te verkrag. Boonop het Louise self die aanvallers op pad hospitaal toe gesien waar hulle met haar seun, wat hulle ontvoer het, in die gesin se gesteelde bakkie ry en hulle laat aftrek en laat spaander. 

“Bruce is stabiel, maar kritiek. Hy het harsingskudding, swelling op die brein en 'n kopwond opgedoen en sy kakebeen is gebreek. Sy wangbeen is ook waarskynlik gebreek, maar die dokters kan nog nie sê nie weens die swelling,” het Louise Vrydagoggend aan Standard gesê.

“Hulle was vyf Xhosa-sprekende mans. Ons seun, Philip, het net voor ons by die huis aangekom. Net voordat die hek toegegaan het, het die vyf mans ingekom. Hulle het my seun en my skoonma vasgebind en met die vuurwapen gedreig,” vertel Louise.

Louise sê toe sy en haar man by die huis kom, het hulle nie geweet wat aangaan nie. “Toe ons binnekom, het hulle ons ook met die vuurwapen begin dreig. Hulle het geld gesoek en ons het gesê daar is nie geld in die huis nie. Hulle het my man seergemaak. Hulle het voor my op sy kop getrap. Op een punt het hulle gedreig om my te verkrag, maar ek het aan hulle verduidelik dat dit gaan nie help nie, want daar is niks geld in die huis nie,” vertel Louise.

Volgens Louise het die aanvallers haar gedwing om die kluis oop te maak en hulle het al hul besittings wat in die kluis was, insluitend vuurwapens, gevat. “Hulle het toe vir Philip in die bakkie met die besittings gevat en gery,” sê sy verder.

Sy sê sy het onmiddellik met haar man en skoonma Worcester toe gery om by die hospitaal te kom. “Toe ek by die Spar-afdraai in Worcester kom, het ek besef ek ry agter ons gesteelde bakkie met die verdagtes en my seun in. Ek het begin toet en ligte flits om aandag te trek en hulle het geskrik en uitgespring. Dis toe dat ons almal hospitaal toe ry,” sê Louise.

Die verdagtes het by die verkeerslig uitgespring, weggehardloop en is steeds soek.

Die toneel in ons huis, die bloed, dit lyk erg.
Louise Brodie

 “Ek is net so dankbaar dat niemand dood is nie. Die toneel in ons huis, die bloed, dit lyk erg. Ons almal is oukei, dis net my man wat baie seergekry het. Ek moet sê De Doorns se plaaswag het ons baie gou gehelp en dit was die verskil tussen lewe en dood. Ons is ‘n lid van die De Doorns-plaaswag en toe alles besig was om te gebeur, het ek gebel en hul reaksie was ongelooflik,” sê Louise.

Louise sê die meeste van hul besittings is teruggekry.

  • Hierdie is 'n ontvouende storie en sal opgedateer word sodra nog inligting verkry word. 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.