Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
De Doorns verloor ’n ‘koersvaste’ inwoner

Kobus (Koos) van der Horst, DA-raadslid vir Wyk 3 in De Doorns, is Dinsdag oorlede.

“Koos was meer as net ’n wyksraadslid, hy was ’n hardwerkende, ware gesinsman wat altyd pligsgetrou was,” sê John Levendal, die Breedevallei-munisipaliteit (BVM) se onderburgemeester.

Van der Horst sou vandag presies oor twee weke, op 16 Augustus, 63 jaar oud geword het.

“Hy was die president van ’n plaaslike rugbyklub, asook ’n leier in die Anglikaanse kerk. Hy was ’n lekeprediker en is ook onlangs as lid van die Hoërskool Hexvallei se beheerliggaam verkies. Ek ken hom al 20 jaar en in dié tydperk het hy nog altyd dieselfde gebly. Hy was ’n baie reguit mens,” sê Levendal.

Vir mense wat op Van der Horst se knoppie gedruk het, was hy altyd gereed om te help.

“As voorsitter van die raad spreek ek my diepe medelye uit met die familie en geliefdes van wyle Van der Horst. Hy was ’n lojale en toegewyde publieke verteenwoordiger wat sy rol met passie en insig vervul het,” sê Neil Mercuur, die BVM se speaker.

Hy beskryf hom as ’n koersvaste raadslid wat nooit geskroom het om op te staan vir dit waaraan hy glo nie.

“Sy heengaan laat nie net ’n leemte vir sy gesin en vriende nie, maar die gemeenskap van De Doorns verloor ook ’n groot steunpilaar,” voeg hy by.

Die uitvoerende burgemeester, Antoinette Steyn, sê Van der Horst se heengaan is ’n groot skok. Sy het haar meegevoel met sy familie en gesin uitgespreek.

Die Breedevallei Onafhanklik (BO)-party het op Facebook sy innige meegevoel betuig met die Van der Horst- familie en die Here se troos oor hulle uitgespreek.

“Ek het gister (Woensdag) deur De Doorns gery en ’n mens kan die hartseer by die mense sien oor die afsterwe van Kobus. Hy was werklik iemand wat elke dag ’n verskil gemaak het in die lewe van ander mense en hy gaan gemis word,” sê Levendal.


. Die begrafnisreëlings was teen druktyd nog nie bekend nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.