Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Die Bokke maak ons trots!’ - Valleiers
Op Saterdag 2 November was Worcester behoorlik groen en goud geverf met Springbok-ondersteuners wat geskarrel het om betyds voor die kassie te wees vir Wêreldbekerrugby-eindstryd.
Bokkoors het hoog geloop in die dorp en die Springbokke het nie teleurgestel nie.
Standard het verlede week berig oor die SAUK se besluit om wel die finaal uit te saai, nadat hulle in Augustus aangekondig het dat hulle geen wêreldbekerwedstryd sal uitsaai nie.
“Ons is so bly die SAUK het besluit om die finaal uit te saai. Ons sou regtig ver moes loop om iewers uit te kom om die finaal te kyk,” het David Meyer van Roodewal gesê.
Nog inwoners was bly oor hierdie besluit, terwyl talle gemeen het hulle reeds planne gemaak het om dit elders te kyk.
“Ons gee nie juis om nie. Ons sou wel ’n manier vind om dit te kyk – ondersteun sal ons ondersteun. Al moet ons ver ry of kilometers gestap het – kyk sal ons kyk,” sê Lydia Plaatjies van Worcester.
Teen 11:00 Saterdagoggend het Worcester soos ’n spookdorp gelyk en mense het hulself in kroeë, sale, sitkamers en selfs restaurante gevind, besig om vir 80 minute lank op die punte van hul stoele, die Bokke te ondersteun.
Teen die einde van die eerste helfte van die eindstryd het die Bokke voorgeloop, maar geen span kon daarin slaag om ’n drie aan te teken nie. Die tweede helfte was egter die keerpunt. Suid-Afrika druk twee drieë en verseker dat hul al in die 75ste minuut, Suid-Afrika se naam gegrafeer op die Webb Ellis-trofee.
Standard het gaan inloer by talle Worcesteriete om te hoor hoe hulle voel oor Springbokke se wen.
Bokke rugby
“Ek het die wedstryd gekyk in die rustigheid van my woning. Ek het reeds almal vroeg al laat weet dat ek nie gepla wil word vandag nie en dat hulle my moet uitlos. Ons is baie bly vir die Bokke.” - Waldo Otto (Worcester) - FOTO'S: JP MYBURG
Bokke rugby
“Die bokke bly bo. Ek is ’n Springbok,” - John Botha van NID in Worcester, net voor die wedstryd.
Bokke rugby
“Ons is baie opgewonde oor vandag se wedstryd. As hulle wen gaan ons behoorlik feesvier. Ons gaan vandag die wedstryd by die huis kyk en almal saam ’n wen of verloor vier. Oom Paul (voor) is ’n groot rugbyondersteuner,” - inwoners van Huis Brewis-tehuis vir bejaardes (Worcester)
Bokke rugby
Skoothondjie Mishke was ook geklee in Springbok-gewaad, gereed om die oorwinning te vier.
Bokke rugby
“Ons het vandag se wedstryd sommer by my skoonouers hier in Worcester gekyk. Die Bokke speel mooi vanjaar en ons wil hulle graag ondersteun,”- Phillip Swart (Hermanus)
Bokke rugby
“Ek en my dogter het vandag saam die wedstryd gekyk. My boodskap aan die Bokke is: ‘Go Bokke!’ wen of verloor.” - Simoné van Wyk (Worcester)
Bokke rugby
“Ek is betrokke by Nuwe Hoop in Worcester, hierdie is my student Muriël Pietersen. Ons hoop die bokke bring die beker huis toe,” - Hilton van der Westhuizen (Worcester)
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.