Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Die ‘famous’ Cheswyn se enkelsnit bekendgestel

As jy versot is op die klankbaan van The Greatest Showman of dalk musiek luister wat inspirerend, opbouend en boonop plaaslik is, moet jy dadelik verder lees.

Met sy diep stem wat van enige lied ’n oorwurm maak, is dit duidelik waarom Cheswyn Ruiters in Julie as Maak my Famous se eerste wenner aangewys is.

Cheswyn se enkelsnit “A Reason” is Vrydag 30 Augustus landwyd bekend­gestel en beloof om sy aanhangers, en dié wat die borrelende Worcesteriet nog nie ken nie, verlief te maak op sy stem.

Met mengsels van klanke uit die genres van popmusiek, rock, R&B en jazz hoop hy om met hierdie inspirerende lied ’n boodskap van hoop en ywer aan die wêreld te bring.

“Ek is vreeslik opgewonde oor die enkelsnit wat bekendge­stel is. Ek is dankbaar vir Jarrad Ricketts wat die lied geskryf en aan my toevertrou het.

“Dit is ’n besonderse liedjie en die boodskap weerspieël so baie van my lewe en die pad wat ek moes stap om my drome te volg,” het Cheswyn aan Standard gesê.

Die lied, wat op die meeste bekende musiekplatforms beskikbaar is en reeds goeie resensies kry, kan vergelyk word met treffers soos bekendgestel deur die internasionale musikante Sam Smith en Pink.

Cheswyn, wat sy grondslag, passie en liefde vir musiek in die kerk gevind het, vertel verder dat hy baie dankbaar vir Emo Adams is wat hom oplei en die geleentheid gee om te doen wat hy nog altyd wou doen.

“Een ding wat mense nie weet nie, is dat Emo nooit slaap nie. Hy werk en lewe vir die liefde van musiek. Een aand met Maak my Famous se repetisies was ek al in die bed en die volgende oomblik word ek wakker geklop en hy sê hy het ’n idee vir ’n liedjie en dat ek moet kom luister. Hy slaap net nie,” skerts Cheswyn.

Hy sê hy kyk op na Ricketts en droom daarvan om eendag saam met die internasionale superster, John Legend, op te tree.

Cheswyn is eerskomende Saterdag, 7 September, by sy alma mater, Worcester Gimnasium, vir ’n spesiale vertoning saam met Emo Adams en ander plaaslike kunstenaars te sien. Vir nog inligting, bel Divine by 084 624 6124.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.