Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
“Die Here het my deurgedra”


Die 45-jarige Sonia Falck van Robertson is onlangs deur ’n moeilike tyd nadat sy met Covid-19 gediagnoseer is, maar vertel dat sy gedurende hierdie struikelblok deur die Here se genade deurgedra is.

Sonia, ’n skoonmaker by ’n bekende wynmakery op die dorp, vertel dat sy op Maandag 15 Junie in Worcester se Mediclinic gediagnoseer is met Covid-19.

“Ek het ’n benoude bors gehad en gesukkel om asem te haal. Die dokter het my ook met asma gediagnoseer, maar ’n positiewe uitslag vir Covid-19 het my erger geskok,” vertel sy aan Standard.

Sonia, ’n ma van vier, het sowat vyf dae op ’n ventilator gelê en sommige dae gedink haar einde is in sig.

“Sommige dae was moeiliker as ander. Ek het aanvanklik ligter simptome gehad wat verwant is aan my asmatiese bors. Daar was party dae wat ek gedink het ek moet moed opgee en dat my einde naby is, maar dit was nie die Here se plan nie. Hy het ’n doel met elkeen en sy doel met my is om te verkondig wat gebeur het en ander hopelik te bemoedig.”

Hy het ’n doel met elkeen en sy doel met my is om te verkondig wat gebeur het en ander hopelik te bemoedig.

Sy vertel hoe sy elke dag in die hospitaal gelê het en gebid het vir krag. Sy vertel ook hoe sy pligsgetrou haar asemhalingsoefeninge gedoen het en geweet het sy sal dit moet doen om enigsins ’n kans te staan om haar toestand te verbeter.

“Dr. Christo van Dyk wat oor my was het my ook vreeslik moed ingepraat. Hulle het my die Vrydag ontslaan en ek het vir bykans twee weke by die huis, in my kamer, isoleer. Dit was netso moeilik, want ek kon nêrens heen gaan nie en dit het sommige dae gevoel of die wêreld verby my gaan. Party dae kon ek nie praat nie, party dae kon ek nie eers huil nie, maar ek is deur dit. En ek is dankbaar. Dankbaar vir die Here en vir my kerk wat vir my gebid het. Dankbaar vir my dokter. Dankbaar vir my gesin en dankbaar vir my buurvrou oorkant die pad wat elke dag deur die kamervenster vir my ’n brood of iets wat ek sou benodig gegee het.”

Sy vertel dat die stigma rondom Covid-19 hartverskeurend is en dat sommige mense haar vreemd aankyk.

“Dit voel of mens melaats is. Mense kyk jou aan of jy vuil is. Dit is dié tipe gedrag wat mense bang maak om te praat, maar ek het besluit ek gaan praat en ander bemoedig. As jy Covid-19 het, moet nie moed verloor nie en kyk op. Daar sal jou hulp vandaan kom. As jy positief toets, moet dit nie wegsteek nie. Deel jou storie en deel jou verhaal. Was jou hande, dra jou masker en drink jou vitamienes. Covid-19 is nie ’n doodsvonnis nie.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.