Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Die lang stap na Damon die Droster se ‘geheime’ grot

Die reeks artikels wat in Standard verskyn het oor die laaste Khoi-Khoi van die Bree­devallei, Damon die Droster, het wyd belang­stelling uitge­lok.

Soveel so dat sy grot weer opgespoor is, vertel die navorser dr. Julian Kritzinger.

Nadat Pieter Kloppers van De Wet die reeks artikels gelees het, het hy Kritzinger geskakel en na die grot geneem.

Kloppers verduidelik die beskrywing van Damon se grot soos in die artikels stem presies ooreen ­met wat hy van kindsbeen af ken. Sy oupa, Simon, het presies ge­weet waar dit is.

Van Pieter se plaas is dit ongeveer ’n halfuur se ry met ’n bakkie deur ’n baie woeste terrein.

Op pad na die grot vertel Pieter dat sy pa, Roux, altyd na die grot as “Jan Appel se grot” verwys het. Hierdie meedeling is van groot belang aangesien dit moontlik lig werp op die identiteit van Damon se vriend, wat destyds saam met hom in die grot gewoon het.

Veral van belang is die feit dat dit ’n persoon se naam is wat aan die grot gekoppel word. Dit dui dus daarop dat dit met menslike nedersetting gekoppel kan word.

Volgens Pieter is dit vir hom vandag onbekend wie presies Jan Appel was.

Hoewel dit moontlik is om tot by die voet van die berg – waar Damon se grot geleë is – te ry, is dit ’n moeilike roete en kan dit net met ’n 4x4-voertuig gery word, aangesien die rivier twee keer deur diep driwwe gekruis moet word.

Indien ’n mens weet waar om te kyk en dit aan jou uit­ge­wys word, kan ’n mens die groot donker gat van die grot in die berg van ver af al sien, maar om tot daar te kom, is ’n ander storie.

Die grot is geleë op ’n plek waar Boskloof, Langkloof en die Nonnakloof almal onder die Saw Edge-pieke van Keeromberg bymekaarkom en bied ook agterom toegang tot die Patryskloof.

Die grot is baie donker binne en die rotswande is swart en vol roet soos daar deur die jare deur Damon en ander vuur gemaak is.

Aangesien die grot agter na die skoorsteen swenk, was bronne korrek dat dit onmoontlik sou wees om ’n vuur wat in die grot gemaak is, van onder in die vallei af te kon waarneem.

Daar is ’n skoorsteen aan die agterkant van die grot waar ’n mens kan uitklim en wat ’n ontsnappingsroete bied.

Daar is geen San-rotskuns in die grot nie. Hierdie is ’n interessante waarneming, want dit bevestig net weer eens die vermoede dat Damon nie van San-herkoms was nie, maar van Khoi-herkoms. Waar die San-rotstekeninge gemaak het, het die Khoi dit nie gedoen nie.

Vandag is daar geen skaapbene, skerwe of oorblyfsels van historiese gebruiksartikels in die grot te sien nie.

Die rede hiervoor is waarskynlik dat alles wat van enige belang was reeds deur die polisie en nuuskierige bergklimmers verwyder is.
. Lesers wat graag die volledige reeks artikels oor Damon die Droster wil bekom, kan e-pos stuur na marlene.jordaan@media24.com.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.