Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Die speke sing van Upington tot Hermanus

Stormsterk wind, stamperige grondpaaie en om bykans 1 000 km op ’n fiets af te lê, is nie iets wat hoog op elke 18-jarige se te-doen-lysie geskryf staan nie, maar wel vir Cilliers Wilsenach, ’n leerder van die Hoërskool Upington.

Hy het sowat ’n jaar gelede nog gesukkel om die moed bymekaar te skraap om met sy fiets ’n skrale 5 km op ’n dag skool toe te ry, maar verlede week het hy in slegs sewe dae van Upington tot in Hermanus op sy fiets gery.

Cilliers se pa, Steve, het hom op die tog vergesel nadat Cilliers besluit het om só geld ten bate van Upington se dierewelsynorganisasie in te samel.

Cilliers het Saterdag 27 Mei van die Kalahari Mall in Upington weggespring. Die rit van Ceres na Worcester op dag ses het ’n welkome en prentjiemooi 50 km ingehou. Hy het deurentyd ’n gemiddelde spoed van tussen 29 en 35 km/h op sy fiets gehandhaaf.

Vrydag, die laaste skof, het sy eie uitdagings ingehou en hy moes die bergpasse tussen Worcester en Villiersdorp aandurf.

Cilliers se fiets en sy fietsryhemde pronk nou by ’n winkel in die Kalahari Mall in Upington waar besoekers dit kan besigtig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.