Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Diewe trap inwoners se drumpels letterlik deur

Inwoners van Avianpark loop deur onder ’n vlaag van inbrake in die vroeë oggendure – waar hul deure afgebreek en hulle beroof word.

’n Groep inwoners het Donderdag 24 Oktober met die polisie vergader om hulle misnoeë en frustrasie oor die vlaag inbrake uit te spreek.

“Vir die afgelope twee weke het daar ’n patroon begin ontwikkel met die inbrake wat in die gemeenskap plaasvind. Die verdagtes kom voor asof hulle arrogant is en is nie bekommerd oor wie hulle sien nie,” vertel ’n inwoner van dié buurt, Kirsten Benjamin.

“Hulle breek die mense se deure af en kom in om die mense te besteel. Dít gebeur gewoonlik in die vroeë oggendure. Daar is min mense wat daardie tyd nog wakker is,” sê Benjamin.

Die gemeenskap is bewus van vyf voorvalle, maar die polisie kon net drie bevestig.

“Die polisie is bewus van die inbrake in Avianpark die afgelope tyd, maar dit verskil nie eintlik met die statistieke van dieselfde tyd verlede jaar nie,” sê AO Julian Plaatjies, Worcester-polisiewoord­voerder.

“Die modus operandi is ook niks vreemd in vergelyking met die ander inbrake in Avianpark-omgewing nie,” sê Plaatjies.

“Ons is bewus dat daar in alle buurte misdaad voorkom, maar hierdie soort misdaad, waar slagoffers in die vroeë oggendure deur vreem­delinge wakker gemaak word en amok maak, is iets ongewoon vir ons,” vertel Benjamin.

Meer as 100 inwoners van Avian­park het 28 Oktober bymekaargekom en planne gemaak om hulself teen die misdaad in hul buurt te beskerm.

“Avianpark het een polisievoertuig wat die hele gebied moet dek. Met die hoeveelheid misdaad wat in ons gebied plaasvind, voel ons dat dit nie genoeg is nie en ons moet ander planne beraam pm onsself te beveilig,” sê Benjamin.

Die gemeenskap het ’n opname by 35 huishoudings in Avianpark gedoen en daar was tussen daardie huishoudings altesaam 71 inbrake.

Standard kon met twee van die slagoffers praat wat anoniem wou bly uit vrees dat hulle weer kan deurloop.

“Die man het my deur afgetrap en ek het begin skree. Hy het net aangegaan om my besittings te neem en toe is hy daar uit. Niemand het my gehoor skree nie en ek was net dankbaar dat hy my nie beseer het nie,” vertel een van die slagoffers.

Die Worcester-polisie het bevestig dat die bendegeweld en misdaad op sy prioriteitslys is en dat voorkoming­strategieë van kardinale belang is vir Avianpark sowel as die res van Worcester.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.