Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Dis leë beloftes’

Skole oor die land heen het Dinsdag 1 Oktober heropen, maar Roodewal Primêre Skool se onderwysers en leerders is deur ontstigte ouers daarvan weerhou om die skoolterrein te betree uit ontevredenheid oor die gesloer om ’n nuwe heining op te rig.

Standard het in Julie berig oor Roodewal Primêr se eindelose klagtes en pleidooie aan die onderwysdepartement om hul terrein te beveilig en hul gesteelde heining te laat vervang, maar twee maande later het ouers, personeel en leerders besluit om hul stem dik te maak teen die “leë beloftes”.

Die skool, wat langs die Robertson-pad (R60) geleë is, het geen heining wat die skool van die besige pad skei nie. André van der Merwe, die skoolhoof, sê hy weet nie wat moet eers gebeur voordat die skool ’n heining gaan kry nie.

“Die probleem lê deur-en-deur by die departement van onderwys wat leë beloftes maak,” sê ’n ouer en lid van die beheerliggaam, Mac-Lizia Jacobs. “Ons as beheerraad van die skool ondersteun vandag die ouers en leerders en voel ons noodkreet moet gehoor word.

“Hulle belowe al van Januarie af dat hulle vir ons ’n nuwe skool gaan bou, maar daar is nog nie eens ’n baksteen gelê nie.”

Ouers het aan Standard gesê dat die gebied om die skool onveilig is en dat haweloses hulself saans en oor naweke op die skool se sportterrein tuismaak.

“Dit is net ’n kwessie van tyd voordat ’n leerder aangeval word of een dalk verkrag word,” het ouers gesê.

Die Wes-Kaapse departement van onderwys sê daar is nie ’n presiese datum wanneer die nuwe skool gebou gaan word nie.

“Ons werk daaraan en die skool sal binnekort herbou word. ’n Heining sal dan opgesit word.

“Die probleem is dat ons gereeld die heining moet vervang aangesien dit verniel en dan gesteel word – ons kan nie bybly nie. Die saak is vir ons baie belangrik en ons gee aandag daaraan,” sê ’n woordvoerder van die onderwysdepartement, Millicent Merton.

’n Ouer en een van die organiseerders van die betoging gee toe dat diefstal ’n faktor is, maar dat die departement dan ’n ander plan moet maak. “Die probleme raak by die dag net erger,” sê Amanda Booysen. “Vullis en glasstukke word gestrooi op die oop skoolterrein en mense loop van Roodewal af tot op die Robertsonpad, sommer deur die skoolterrein – dit is ongehoord.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.