Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Dís wat vroue sê oor Vrouemaand

Baie Suid-Afrikaners is maar net te dankbaar vir ’n vakansiedag, onbewus van die monumentele en inspirerende gebeurtenis wat op 9 Augustus 1956 plaasgevind het.

Hierdie openbare vakansiedag, wat sedert 1994 gevier word, herdenk die optog in 1956 deur lede van die Federasie van Suid-Afrikaanse Vroue. Ongeveer 20 000 vroue het na die Uniegebou in Pretoria gestap en betoog om petisies met meer as 100 000 handtekeninge by die kantoor van die destydse eerste minister, J.G. Strijdom, in te dien.

Die vreeslose vroue het buite die gebou in stilte gestaan om hul stil stemme dik te maak.

Die optog op 9 Augustus 1956, ’n inspirerende vertoning van politieke mag, is ’n herinnering aan die vroue wat Suid-Afrika help vorm het sowel as die baanbrekervroue wat die land vandag nog na groter hoogtes lei.

Vrouedag in Suid-Afrika bring hulde aan ons nasie se vroue wat die stryd teen die Apartheidsregering help voer het.

Sedertdien het vroueregte reg oor die wêreld ’n prioriteit geword, maar kenners meen baie moet nog verander en geskaaf word om ware gelykheid en regte vir vroue reg oor die heelal te vestig.

Standard wil vir elke vreeslose vrou, ma, ouma, tannie, sussie, niggie, vriendin of eggenote ’n gelukkige Vrouemaand toewens en hoop dat elke vrou sal besef watter rol hulle speel en die uitwerking wat hulle op die samelewing het.

Standard het met ’n paar vroue in die gemeenskap gaan praat om te hoor hoekom hulle voel dat Vrouedag – en veral Vrouemaand – belangrik is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.