Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Dit is tyd om dwelmmisbruik uit te roei

WORCESTER – Die Internasionale Dag teen Dwelmmisbuik en -handel is onlangs gevier en jaarliks lê dit klem op ’n dwelmvrye samelewing en om bewusmaking teen dwelmmisbruik te versterk.

Standard het met ’n verteenwoordiger van een van Worcester se voorste behandelingsentrums, die BOWL-gemeenskapsentrum, gesels oor die belangrikheid van so ’n dag op die jaarlikse kalender en oor dwelmhandeling in die algemeen in Worcester.

“Jongmense word hard getref deur verslawing en dit word dus belangrik dat daar plaaslik platforms geskep moet word sodat hulle hul talente en waardes ontdek,” sê die uitvoerende hoof van BOWL, Joe van der Berg.

Van der Berg lê klem daarop dat veral in Worcester dat daar min aktiwiteite bestaan wat jongmense besig kan hou, veral vermaaklikhede soos speletjiessentrums en sporttoernooie. Dit is veral belangrik vir skole om hul toe te spits op die geveg teen dwelmmisbruik. Meer bewusmaking sal help om leerders beter met inligting te bemagtig.

“In my konsultasies met jongmense noem hulle aan my dat die gebrek van vermaaklikhede daarnatoe lei dat hulle makliker by bendes betrokke raak,” vertel Van der Berg.

Een van BOWL se pasiënte, Thabo (skuilnaam), het sy storie gedeel van die moeilike, maar moontlike, pad om ’n dwelmvrye lewe te lei.

“Ek was as jongman in die beste skole, maar ek het steeds nie ’n plan gehad vir wat ek eintlik wou doen vir ’n loopbaan nie. Die fout wat ek gemaak het was om na my vriende te kyk en te volg wat hulle wou doen. Na matriek het ek toe besluit om my UNISA ’n kursus te doen, maar dit het glad nie goed gegaan nie en ek het betrokke geraak by dwelms,” vertel Thabo.

Mense moet besef dat daar glad nie ’n skande is om hulp te soek vir enige verslawing nie.

Hy vertel dat hy vir ses jaar aan drank, tik en Mandrax verslaaf was voordat hy besef het dat hy ’n probleem het en dat hy hulp nodig het. Thabo vertel dat hy vir ’n paar jaar aan en af skoon was, maar was ook in sy dae van dwelmmisbruik betrokke by misdaad. Die misdaad het hom begin “agtervolg” en hy beskryf dat hy ’n paar maande gelede rock bottom getref het toe hy na BOWL toegegaan het.

“BOWL het my werklik gehelp om my verslawing te verstaan en ek het nou die nodige om my verslawing te beveg.”

Van der Berg noem dat die impak van verslawing die hele familie raak en dit veroorsaak emosionele angstigheid, swak gesondheid en breek families op.

“Mense moet besef dat daar glad nie ’n skande is om hulp te soek vir enige verslawing nie.”

BOWL bied ’n buitepasiëntprogram aan om ondersteuning te bied vir verslaafdes en bied vir families van verslaafdes gratis inligtingsessies aan.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.