Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Dit lyk my Oompie se geld is nou op . . .’

’n Eertydse belegger wat ’n hooggeregshofbevel teen die sogenaamde 4th Power Investments-meesterbelegger van Touwsrivier, David Cupido (Oompie) verkry het, wag sedert die begin van die jaar vir die laaste geld wat aan hom geskuld word.

Christopher Martin het September 2018 ’n siviele eis teen Cupido gewen. Hy (Oompie) het ingestem om Martin, wat van Kraaifontein afkomstig is, se R15 000-belegging aan hom terug te betaal.

“Ek het amper al die geld, maar wag nog vir die laaste R1 640 wat David my skuld,” sê Martin.

Volgens hom het hy alles probeer, maar dit lyk asof Oompie nie meer geld oor het nie.

“Ek het myself nou tot Facebook gewend en ek laai gereeld plasings op waar ek vir David vra waar my geld is. Die volgende stap is om die balju te nader as my geld nie teen die einde van die maand in my rekening wys nie,” sê Martin.

Mogamat Salie, wat ook geld by 4th Power Investments belê het, het aan Standard bevestig dat hy ’n eis teen Oompie ingestel het.

“Die saak begin 20 Februarie en ek wil my R21 500 wat ek destyds belê het by Cupido terugkry. Ek is nie seker of David sal opdaag vir die saak nie,” sê Salie.

Hy sê volgens hom moet Oompie deursigtig wees met sy sake en die beleggers inlig oor wat aangaan.

Die ondersoek van die Valke, wat geldwassery, bedrog en die bedryf van ’n piramideskema teen 4th Power Investments insluit, sloer steeds. Die Valke het aan Standard gesê dit is omdat hy nog te min verklarings van die beleggers ontvang het.

“Ons het nog baie min verklarings van die beleggers ontvang. Dit beteken dat ons die proses en saak nie kan voltooi nie. Mense wat belê het moet vorendag kom sodat die saak kan ontwikkel,” sê kapt. Philani Nkwalase van die Valke.

Salie wil hê dat beleggers moet eerlik wees as hul sake teen Cupido aanhangig maak.

“Die beleggers moet die korrekte bedrae gee wat hulle belê het. Moenie sê dat jy R10 000 belê het as jy voor jou siel weet dat jy net R5 000 belê het nie,” sluit Salie af.

David Cupido is geskakel vir kommentaar maar teen druktyd is daar nog geen kommentaar van hom ontvang nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.