Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Dit vat alles uit jou om die virus te oorkom’ - Verpleegster
eval jansen


ROBERTSON.- Dit verg alles in jou om die koronavirus te oorkom. Dit is ’n virus wat fisies en geestelik uitmergelend is.

Sò vertel Èval Jansen (25), ’n gesondheidswerker van Robertson wat vroeg in Julie positief vir die Covid-19-virus getoets het.

Jansen, wat by die Caledon-hospitaal werk, was in direkte kontak met iemand wat besmet was met die virus en het haar toe, na sy simptome begin toon het, laat toets.

“My keel het eers begin seer voel, maar ek het gedink dit was miskien net weer my mangels. Toe dit begin erger raak het ek my laat toets,” vertel dié 25-jarige verpleegster.

Jansen het aan Standard genoem dat sy verslae en geskok was toe sy die nuus ontvang het.

“Ek het daardie dag van nagskof afgekom en my foon afgesit toe ek gaan slaap het. Toe ek wakker word, sien ek twaalf boodskappe van my operasionele bestuurder wat die nuus toe aan my oorgedra het. My grootste bekommernis was dat ek dalk iemand anders aangesteek het.”

Sy vertel verder dat sy, nadat sy tot verhaal gekom het, besef het dat dit die realiteit is omdat sy in aanraking kom met Covid-19-pasiënte.

Jansen is toe onmiddellik na ’n afsonderingsentrum in Caledon en sy noem dat sy vir ’n paar dae hard moes veg met die simptome wat sy ondervind het.

“Ek het maande terug met die uitbreek van die pandemie besluit dat dit in die belang is van my familie dat ek minder huis toe gaan om hul risiko te verlaag, omdat ek in die Covid-saal werk by die hospitaal,” vertel Jansen.

Sy het net elke tweede naweek huis toe gegaan, maar sedert die uitbreek van die virus kon sy nie haar gewone kuier-roetine handhaaf nie.

“Die eerste paar dae was dit baie moeilik om met die seer keel, kopsere, lyfseer en die hoes saam te leef. Bo en behalwe al dié simptome kon ek ook niks ruik of proe nie.”

eval jansen
Jansen werk tans by Caledon-hospitaal en sê sy het nie twee keer gedink om in die Covid-saal van dié hospitaal te werk nie.

Jansen vertel dat sy elke dag haar geloof toegepas het in die stryd teen die virus deur die Bybel te lees voor sy haar dag begin het.

“Ek het verder daagliks probeer in die son sit vir ’n kort tydjie, gelees en verder televisie gekyk. Ek het weer op dag sewe van isolasie ’n seer keel ontwikkel en na veertien dae was ek steeds simptomaties.”

Jansen is weer na veertien dae na die dokter toe en sy was verder afgeboek om volkome te herstel. Sy noem verder aan Standard dat haar sig ook dof was na haar stryd met die virus.

“Dit is verseker ’n virus wat emosioneel en fisies uitmergelend kan wees. Dit verg alles in jou om die virus te oorkom. Die eendag voel jy goed en dan die volgende dag is jy baie swak.”

Jansen sê dat sy nie twee keer gedink het daaroor om in die Covid-19-saal in Caledon-hospitaal te werk nie en sy was ook glad nie angstig nie. Sy het net gevrees dat sy dalk iemand kon aansteek.

“Vir gesondheidswerkers is dit baie belangrik om in dié tyd vol hoop te wees en ons moet gefokus bly. Dit is verder ook belangrik om biddend te bly terwyl ons die virus beveg.”

“Die gebede van my familie, vriende en kollegas het my deur die stryd gedra en hulle het my emosioneel versterk om my siel gesond te hou. Daar is ook ’n ’n groep op sosiale media, Nurses who Care. Hier het ek daagliks ook stories van herstel gelees en dit het my geïnspireer.”

Jansen doen ’n beroep op die gemeenskap om nie mense wat herstel het van die virus met vrees te hanteer nie. Sy sê na haar herstel moes sy met die stigma saamleef en daar was selfs iemand wat nie aan haar waterbottel wou raak nie.

Ek het baie voorkomend opgetree en het daagliks vitamines gedrink om my immuunstelsel sterk te hou, maar steeds het ek die virus opgetel. Dit is dus belangrik dat mense glad nie die virus ligtelik opneem nie.

“Ek het baie voorkomend opgetree en het daagliks vitamines gedrink om my immuunstelsel sterk te hou, maar steeds het ek die virus opgetel. Dit is dus belangrik dat mense glad nie die virus ligtelik opneem nie.”

Jansen raai mense aan om fisiese afstand te handhaaf en die nodige voorsorgmaatreels soos dié dra van maskers, na te kom.

“Dit is belangrik om aanhou die regtig ding te doen om die impak en verspreiding van die virus te keer.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.