Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Dorre Laingsburg kry water

Die droogte in Laingsburg wat al sedert die einde van 2017 in die streek sy tol eis, het die Kaapse Wynland-distriksmunisi­paliteit (KWDM) se brandweer genoop om water vir die inwoners te bring.

Die afgelope Saterdag het die brandweer 10 000 F water al die pad na Laingsburg se reservoir geneem.

Volgens die KWDM is die dorp tans as ’n rampgebied verklaar.

Die Theewaterskloofdam staan tans op 40% teenoor 10,1% dieselfde tyd verlede jaar.

“Dit is maklik om selfvoldaan te raak en te glo dat omdat ’n paar damme 95% of 98% vol is, ons genoeg water het. ’n Klein dam wat 95% vol is, beteken nie dat daar genoeg water is nie. ’n Dam soos Stettynskloof hou baie minder water as Theewaterskloof en bied dus minder water. Dis noodsaaklik dat ons water spaarsamig moet gebruik. Die konstante invloed van klimaatsverandering is hier om te bly, wat beteken dat dit onwaar­skynlik is dat ons ooit sal terugkeer na ’n toestand van ’n oormaat water,” sê Helena von Schlicht, burgemeester van die KWDM.

. Die KWDM bly baie bekommerd oor die beskikbaarheid van water en beveel die inwoners om nie water te mors nie en om voort te gaan met die goeie gewoontes wat verlede jaar aangeleer is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.