Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Dowe man vermoor meisie, sny eie keel af

'n 22-Jarige dowe man het Dinsdag in die vroeë oggendure eers sy meisie vermoor en toe sy eie lewe geneem deur sy keel af te sny in Worcester.

Die jong man, Mnedi Mzimelo, is dieselfde jong man waaroor Standard in Julie berig het wat beweer het hy is deur die polisie in sy koshuiskamer aangerand. Standard verneem betroubaar hy is sowat 'n maand gelede geskors weens gedragsprobleme. 

Die polisie se forensiese span staan vroegoggend by die Nasionale Insitituut vir Dowes waar 'n jong man sy meisie vermoor het en toe selfmoord gepleeg het. Foto: Rick Marais

Die voorval het omstreeks 04:30 by die Nasionale Instituut vir die Dowes (NID)-opleidingseenheid se meisieskoshuis  plaasgevind.

“Die man het sy keel afgesny en sy eie lewe geneem nadat hy sy meisie se lewe geneem het.  ? Saak van moord word ondersoek en 'n geregtelike doodsondersoek is geopen,” sê kapt. Lindikhaya Mkhontwana, Worcester  se polisiewoordvoerder.

Natale Roelofse, NID se ontwikkelingshoof en programdirekteur, het bevestig 'n saak van moord en selfmoord word deur die polisie ondersoek na die voorval.

“Albei se ouers is reeds in kennis gestel en personeel en medestudente by die opleidingseenheid ontvang reeds traumaberading. Ons NID-kampusgemeenskap is geskok deur die voorval en ons harte gaan uit na die familie en vriende van die twee persone wat hul lewens verloor het,” sê Roelofse.

Lees meer in Donderdag se Standard.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.