Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Dowes se kinders kry spesiale sorg

Rachelle Venter, ’n enkelma van ’n tweejarige en eienaar van ’n dagsorgsentrum, leer kinders van dowes van jongs af hoe om met hul ouers te kommunikeer.

Sy het onlangs haar kleuterskool in Suggetstraat in Worcester oopgemaak en Drukkies en Soentjies is nie net ’n gewone dagsorgsentrum nie, maar een wat perfek inskakel by die kultuur van omgee wat Worcester bied.

Sowat ’n jaar gelede het Rachelle die behoefte raakgesien vir ondersteuning aan kinders wie se ouers gehoorgestremd is en wat nie met hul ouers kan kommunikeer nie.

“CODA, oftewel Children of Deaf Adults in Suid-Afrika, poog om die kommunikasie tussen dowe ouers en hul kinders, doof of horend, aan te help. Ek het gesien dat daar ’n behoefte is en my hele wese in die idee ingestoot.

“Dit was nie aldag maklik nie, maar nou is ons deure oop en ons is reg om te help,” sê sy.

Rachelle, wat in Potchefstroom as ’n tolk gewerk het by ’n skool vir kinders met gestremdhede, is passievol oor haar beroep en voel dat dit wat sy as volwassene vermag het, eerder op ’n jong ouderdom aan kinders geleer moet word.

Die Drukkies en Soentjies-kleuterskool vra ’n minimale bedrag geld om net die basiese uitgawes te dek. Rachelle is besig om dit as ’n organisasie sonder winsbejag te registreer.

“Almal het uitgawes en moet onkostes dek. In dié stadium is dit moeilik om dinge net gratis te doen omdat ons amper geen finansiële hulp kry nie. Ons het wel talle mense wat ons help en ondersteun en ons poog om ons werk tot die beste van ons vermoë te doen,” vertel sy opgewonde.

Die verhouding tussen gehoorgestremdes en hul kinders is soms baie moeilik en in sommige gevalle onmoontlik. Rachelle vertel verder dat gebaretaal die huistaal moet word van hierdie kinders en dat dit reeds op ’n jong ouderdom aangeleer en geïmplementeer moet word. Die dagsorgsentrum fokus op gebaretaal en klasse in stem- en liggaamlike ontwikkeling.

“Ons help nie net kinders wat gebaretaal moet leer of moet leer om met hul dowe ouers te kommunikeer nie, maar werk ook met kinders met spesiale behoeftes soos ADHD en outisme. Ons poog om ’n omgeeplek vir talle te wees en te kan wys dat daar ’n toekoms, ’n rede en uitweg is om te kan leef, te kan presteer en te kan kommunikeer. Ons wil in die volgende paar maande net groei en van krag tot krag gaan.”

Die kleuterskool benodig ondersteuning van die gemeenskap en enige skenkings – van ou speelgoed tot handewasseep – sal waardeer word. Rachelle kan by 063 174 2568 gebel word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.