Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Dramagroep stof mededingers uit

Hexvallei Sekondêre Skool het onlangs by die Montagu-jeugkunstefees uitgeblink.

Die skool se dramagroep het vanjaar groot sukses met sy toneelstukke behaal.

“Ons het vanjaar twee dramas ingeskryf – Kô laat ons sing en Gold Mêttels en Fitspille. Albei dié toneelstukke het goud ontvang. Dit was glad nie wat ons verwag het nie, maar ons is trots op die leerders wat baie hard werk om die dramas so briljant te vertolk,” het Marius Mampa, afrigter van die dramagroep, gesê.

Kô laat ons sing is oorspronklik geskryf deur Adam Small en is ’n samestelling van Small se gedigte geïnspireer deur Distrik Ses.

Gold Mêttels en Fitspille is geskryf deur Basil Kevido en handel oor armoede, ’n werklikheid vir miljoene Suid-Afrikaners. Dit spreek ook van baie mense wat nie die nodige erkenning kry vir hul bydrae tot die nuwe Suid-Afrika nie.

“Die groep bestaan grotendeels uit graad 8- tot 11-leerders, omdat ons nie wil inbreuk maak op matrikulante se studies nie. Die groep oefen bedags ná skool. Ons oefen soms tot baie laat,” sê Mampa.

Die groep het in 2016 hervat nadat dinge vir 10 jaar stil was. Mampa en Jinine Beukes, twee oudleerders, is tans in beheer van die groep.

“Die kinders is baie gewillig om deel te neem. Hulle is altyd baie stiptelik en toegewyd om by elke oefening net hul beste te gee.”

Die groep het die dag voor die Montagu-jeugkunstefees ’n werksessie gehad om hul fokus vir die uitdaging wat voorlê te verskerp.

“Ons het besef dat dit vir baie van die kinders belangrik is om deel te wees van die groep. Dit is ’n wegbreekkans van hul realiteit,” sê Jinine.

“Om te sien dat die kinders dit ook geniet, net soos ons dit geniet het, maak my baie gelukkig. Dit leer die kinders om hul skoolwerk en die groep te balanseer, wat vir hulle waardevol is.

“Daar moet rêrig ’n liefde wees om deel te neem aan die groep omdat dit baie selfmotivering van die leerder vra. Ons probeer om hulle van ons kant af te motiveer, maar wanneer hulle huis toe gaan, rus die verantwoordelikheid op hul skouers om hul woorde te oefen.”

Die groep groet hierdie jaar baie van hul senior lede, maar is optimisties dat nog jong talent in 2020 lede van die groep sal vorm.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.