Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Goedkoop whiskey al glo R700 op swartmark
Drankwinkel loop deur onder diefstal


Die Worcester-polisie ondersoek ’n saak van besigheidsroof nadat daar vroeër in die week ’n onbekende hoeveelheid drank by Esselen Drankwinkel gesteel is.

Standard het verneem dat die drankwinkel bykans leeggedra is deur die inbrekers. Daar is gespekuleer dat die verdagte(s) die alkohol weer wou verkoop, omdat daar tans mense in die gemeenskap is wat dit teen ’n veel hoër prys verkoop, maar dit kon nie amptelik bevestig word nie.

’n Man wat anoniem wou bly, het aan Standard genoem dat ’n gewone “kwart” (quart) bier nou omtrent R50 op die swartmark kos en ’n gewone bottel whiskey verbruikers bykans R700 uit die sak kan jaag.

Die polisie het verder eienaars van die drankwinkels in verskeie dorpe, insluitend Worcester, opdrag gegee om hul voorraad uit hul winkels te verwyder omdat die risiko te groot is dat hulle onder dié soort diefstal kan deurloop.

“Ons wil graag ’n waarskuwing uitstuur aan mense wat hulle skuldig maak aan dié misdaad. Hulle sal die volle mag van die gereg voel as hulle veral in hierdie tyd oortree,” sê Dyasi.

Nog niemand is in hegtenis geneem vir die inbraak nie.

  • Die eienaar van die Esselenpark drankwinkel het verkies om nie op hierdie stadium kommentaar te lewer nie omdat daar ’n aktiewe ondersoek aan die gang is.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.