Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Drie huise, rugbyklubhuis brand binne drie dae
brande

Twee huise en een houtstruktuur is die afgelope naweek in puin gelê.

’n Brand het Sondag omstreeks 17:30 in Albatrosstraat ontstaan. Volgens Jacob Long, eienaar van die huis, het dit in die houtstruktuur agter op die werf waar sy seun en sy vriendin bly, begin en toe na die huis versprei.

Hy kon slegs sy mikrogolf, yskas en stoof uit die vlammehel red.

Long, ’n pensioentrekker, sê hy het groot skade gely. Hy vermoed dat die brand met opset gestig is.

Nog ’n huis het Sondag in Le Seurstraat ná ’n vermeende inbraak afgebrand.

’n Familielid het die nuus op Facebook gedeel met ’n foto van die brand en ’n onderskrif wat lui: “Oorlede antie Get se huis, my ouma se huis.”

Die brand het omstreeks 00:45 ontstaan en nooddienste is ontbied. Adene du Toit (21), wat by die huis was toe die brand ontstaan het, vertel: “Ek het ’n voertuig buite hoor toet. Toe ek gaan kyk het ek net rook en vlamme in die voorhuis gesien. Toe ek by die agterdeur uitkom, is die vlamme saam met my uit.”

Die anneks aan Worcester Villagers se klubhuis het Woensdag in die oggendure gebrand.
Bure en familielede het help opruim ná die brand in Le Seurstraat.

Die familie vermoed iemand het by die huis ingebreek. Die televisie, ’n DVD-speler en juwele word vermis.

Mense wat graag die families wil help, kan Long by 064 982 7251 en Du Toit by 084 770 2565 bel.

. Nog ’n raaiselagtige brand by die ontspanningslokaal-anneks aan die Worcester Villagers-rugbyklub se klubhuis het Woensdag in die vroeë oggendure uitgebreek.

“Wat gebeur het, is tragies, maar ons is bly die brand kon betyds geblus word voordat dit na die klubhuis versprei het,” het Villagers se voorsitter, John Vergotini, gesê.

“Ons bedryf hul klerewinkel uit die klubhuis en dit kon baie groot skade gely het.”

Die vermoede is dat die brand verband hou met ’n inbraak, maar die oorsaak is nog onbekend.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.