Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Drie ongelukke op een pad oor die naweek


Die afgelope langnaweek is drie ongelukke op die R43-pad naby Somerset Hoërskool in Worcester aangemeld.

Twee ongelukke het Vrydagaand en een ongeluk het Saterdagoggend gebeur.

Die eerste ongeluk het omstreeks 20:00 Vrydagaand plaasgevind. Drie voertuie was betrokke. Twee persone het behandeling geweier en daar was geen ander beserings nie.

In die eerste ongeluk Vrydagaand het niemand ernstige beserings opgedoen nie.Foto: Verskaf
Saterdagoggend se ongelukstoneel, waar ’n taxi en ’n Yaris mekaar getref het.Foto: Isra Ismail

Die tweede ongeluk het etlike minute na die eerste ongeluk plaasgevind. Die bestuurder van ’n groen VW Golf het na bewering beheer verloor en in ’n paal vasgery. Een pasiënt is op die toneel behandel en deur nooddienswerkers van Globalforce EMS na die hospitaal vervoer.

Saterdagoggend het ’n taxi en ’n swart Toyota Yaris in mekaar vasgery. Daar was geen passasiers in die taxi nie.

Op die provinsie se paaie die naweek is daar boetes van altesaam R501 400 aan motoriste uitgereik, volgens die Wes-Kaapse verkeershoof, Kenny Africa.

Altesaam 1 132 motoriste is vir alkohol getoets, waarvan 38 in hegtenis geneem is vir dronkbestuur. Die hoogste alkoholtelling was 1,41mg/1000ml. Die bestuurder, van Somerset-Wes, was vyf keer oor die wettige limiet.

Ander inhegtenisnames sluit in vals dokumentasie, onwettige immigrante, oor die spoedgrens bestuur, omkopery en roekelose en nalatige bestuur.

Die hoogste spoed die naweek was ’n motoris wat 189km/h in ’n 120km/h-sone in Beaufort-Wes bestuur het.

In George het ’n motoris teen 141km/h in ’n 100km/h-sone bestuur en nog ’n motoris het 129km/h in ’n 80 km/h-sone in Somerset-Wes gery. Maandagoggend is ’n motoris in Beaufort-Wes in hegtenis geneem wat 170km/h in ’n 120 km/h-sone gery.

Altesaam tien mense is in ongelukke dood in Hermanus, Woodstock, Kirstenhof, Grabouw, Phillipi, Maitland en Stilbaai.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.