Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Duiwel los’ in Worcester
06 September 2018

Die “duiwel is los” in Worcester nadat ’n diere-organisasie die afgelope paar weke vyf honde en ’n kat gekry het waarvan vleis lewend uitgesny en vermoedelik geëet is.

Nie een van die diere het dit oorleef of kon gered word nie.

Juenieta Everson van Sandy’s Eden-dierewelsynorganisasie beskryf dit as ’n “groot pandemie” in en rondom Worcester.

Ons soek nog na leidrade – die polisie ook – maar ons vermoed dat dit mense is wat die diere eet terwyl hulle lewe en hulle dan weer laat gaan,

“Ons soek nog na leidrade – die polisie ook – maar ons vermoed dat dit mense is wat die diere eet terwyl hulle lewe en hulle dan weer laat gaan,” sê Everson.

Everson vertel dat dit baie traumaties was vir haar en haar dogter toe hulle twee Saterdae gelede een van dié honde moes gaan haal.

“Op ’n plaas naby De Doorns het ’n vrou ’n hond na my kar toe gebring en die eerste ding wat ek gesien het, was die uitdrukking in haar (die hond se) oë. Haar wonde was nie deur ’n panga veroorsaak nie. Dit was skoon snywonde rondom haar agterbene. Die trane het geloop, want ek kon sien iemand wou haar slag. Die wonde was diep en presies. Ek het geweet ek kon net een ding hier doen om haar te help. Ons het al huilende met haar Worcester toe gejaag en het gedoen wat ons moes. Ons het foto’s as bewyse geneem. Sy is een van vyf honde waarvan ek weet. Daar is reeds ’n klag by die polisie vir die eerste vier en ek sal nou ’n klag lê vir haar ook,” sê die geskokte Everson.

’n Plaaslike veearts het die gevalle bevestig en sê die diere is beslis met ’n skerp mes gesny terwyl hulle gelewe het.

“Die eerste voorval het sowat twee maande gelede hier gebeur met ’n hond wat laat een aand koelbloedig ‘geslag’ is. Dit het eers gebeur dat een hond se vel afgeslag is. Later het nog drie honde en ’n kat hul lewe op dieselfde manier verloor. Dit is die eienaardigste ding, want ’n stuk van die dier se vel word afgesny. Dit was vir ons hier ’n groot nagmerrie,” sê Manie Nieuwenhuys van die plaas Esperance.

Hy het ook bevestig dat ’n saak by die polisie aanhangig gemaak is, maar geen leidrade kon nog gevind word nie.

Hulle kon nog nie vasstel wie dit doen nie.

’n Mens kan baie te wete kom oor ’n samelewing deur hoe hulle na diere omsien. Die ding is besig om stadig maar seker handuit te ruk en ek wil almal in en rondom Worcester hiervan bewus maak. Ons moet uitvind wie dit aan die onskuldige diere doen sodat dit gestop kan word,

“’n Mens kan baie te wete kom oor ’n samelewing deur hoe hulle na diere omsien. Die ding is besig om stadig maar seker handuit te ruk en ek wil almal in en rondom Worcester hiervan bewus maak. Ons moet uitvind wie dit aan die onskuldige diere doen sodat dit gestop kan word,” sluit Everson af.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.