Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Eenjarige val in drein, verdrink

ASHTON - ’n Eenjarige seuntjie van Ashton het Sondag 14 Junie in ’n oop dreineringsgat langs die hoofpad geval en in die diep water verdrink.

Wade Mouries en sy ma, Gwyneth, het Sondagaand net ná 18:00 na die plaaslike winkel oorkant hul huis gegaan om noodsaaklikhede vir die week te gaan koop. Die Mouries-gesin woon reg langs die R60 in Ashton – ’n pad wat tans talle opknappings ondergaan.

“Ek het hand-aan-hand met hom gestap en ’n kar het langs die pad stilgehou. Dit was ’n vriendin van my wat ek jare laas gesien het. Ons het nog gepraat en die volgende oomblik het ek sy handjie uit my hand voel wegglip. Ek het onmiddellik gedink hy het op die teerpad geval, maar het gesien hoe hy in die gat wegraak,” het sy aan Standard vertel.

Gwyneth het dadelik om hulp geroep en sy pa, wat enkele meters van die toneel in die huis was, het uitgehardloop en dadelik besef daar is groot fout.

“Iets het vir my gesê ek moet hardloop. Toe ek daar kom, het sy gesê Wade het in die gat geval. Talle omstanders het om die gat vergader en die nooddienste ontbied, maar hulp het eers sowat 45 minute later opgedaag. Ek het besluit om in te spring en hom self uit te haal. Dit was taamlik donker en die water het diep gelê. Dit het my tot by my bors bedek. Ek kon hom nie raakvoel nie. Ek kon hom nie kry nie. Ek kon hom nie red nie,” vertel ’n emosionele Deon Mouries.

Vervolg op bl. 3.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.