Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Eersteklas-haarstilis sterf
06 September 2018

Een van die dorp se bekendste haarstiliste is 26 Augustus aan ’n beroerte oorlede.

Gary Pharo, wat jare lank Hair Buzz in Kerkstraat besit het, is skielik by sy huis in Gansbaai dood.

“Ons moes nog gaan eet het. Dit was ’n baie groot skok,” sê sy ’n vriend van meer as 30 jaar, Louis Botha.

Gary is in Worcester gebore, maar het in Touwsrivier grootgeword. Hy sou vanjaar 72 geword het.

Volgens Botha was Gary in 1971 die haarstilis vir eersteklaspassasiers op die SAS Oranje.

“Hy het in 1983 in die arkade gewerk en dis waar ek hom leer ken het. Ek en my broer het ons hare by hom laat sny. Hy het ons uiteindelik as familie aangeneem. Later het hy die plek in Kerkstraat gekoop,” vertel Louis.

Louis sê Gary het ’n ongelooflik groot hart gehad. “Almal het Gary geken as ’n vriendelike mens wat altyd ’n glimlag op sy gesig gehad het. Hy was altyd daar om te luister en te help. Die feit dat hy vir meer as 15 jaar kanker gehad het, het hom nie teruggehou nie,” voeg Louis by.

Elsa Bain, wat saam met Gary gewerk het, sê hy het die gawe gehad om mense te laat lag.

“Hy was iemand wat geduld gehad het as dit kom by mense leer. Ek weet ek het by die beste leermeester geleer. Ek, hy en Louis se glasie wyn op ’n Vrydag ná werk sal ek nooit vergeet nie. Hy het diep spore in my lewe gelos,” sê Elsa.

Suzette Sauerman sê sy was meer as tien jaar ’n kliënt van Gary.

“Daar was nooit ’n dull moment in sy salon nie. Hy was altyd vrolik en vol grappies en het ’n mens goed laat voel oor jouself. Ek gun jou die rus, my vriend. Jy sal voortleef in my hart,” sê Suzette.

. Gary se roudiens word môre (Vrydag 7 September) om 11:30 in die Congregational kerk in Worcester gehou.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.