Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Eetplek wys toergroep weg

Koud en honger.

Dít is hoe die leerders van Riverview Primêre Skool onlangs gevoel het toe hulle by Timber Wolf Spur in George by die deur weggewys is.

Volgens die adjunkhoof, Rodney Booysen, was die leerders op ’n toer om dril aan ander skole bekend te stel. Die altesaam 35 leerders, van gr. 1 tot 7, het onder meer in Ashton, Oudtshoorn, George en Mosselbaai opgetree.

Die voorval het Sondag 22 September plaasgevind toe die groep van Plettenbergbaai na George onderweg was. Booysen sê hulle het gebel om ’n afspraak vir die groep te maak voor hulle by die restaurant opgedaag het.

Toe hulle opdaag, is hulle egter weggewys.

By navraag het ’n verteenwoordiger van die restaurant, Michael van Rensburg, gesê hulle kan die voorval bevestig. “Ons bestuurder het aan die vrou wat die oproep vir ’n afspraak gemaak het, genoem dat die restaurant toe vol was en dat sy nie kon waarborg dat daar genoeg plek sou wees nie. Sy het ook benadruk dat ons nie in die skoolvakansie groot groepbesprekings aanvaar nie omdat dit ons besigste tye is. Om haar te probeer tegemoetkom, het sy haar gevra om weer te bel as hulle in Knysna is sodat sy vir haar ’n aanduiding kan gee hoe vol die restaurant is. Met die tweede oproep het ons bestuurder dieselfde boodskap herhaal – daar was nog ’n lang waglys en ons kon geen waarborg gee dat ons genoeg oop tafels sou hê nie, veral omdat die groep kinders almal bymekaar wou sit,” sê Van Rensburg.

Hy sê die restaurant is jammer oor die voorval. “Ons doen veral moeite om kinders te huisves, want as ’n familierestaurant is dit vir ons van groot belang om die jongklomp gelukkig te hou. Ongelukkig is dit in vakansietye, veral langnaweke, so druk besig dat ons eenvoudig nie die kapasiteit het om plek te waarborg wanneer groot groepe by ons aandoen nie. Dit is vir ons hartseer dat daar beweer word dat ons teen die groep gediskrimineer het. Ons duld nie enige vorm van diskriminasie of vooroordeel nie en dit is vir ons ’n bron van trots dat ons een van die gewildste restaurante in die omgewing is,” sê Van Rensburg.

Booysen sê die leerders neem later vanjaar, 2 November, aan die Wes-Kaapse drilkampioenskap deel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.