Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Eureka-jeugsorgsentrum spog nou met nuwe naam
06 September 2018

Die nuwe naam gaan gepaard met nuwe uitdagings.

Groot veranderings is Sater­dag 1 September by die Eureka-vaardigheidskool se ope dag in Rawsonville aangekondig.

Dié skool was in 1988 bekend as die Umzingisi-verbeter­skool. In 2001 verander die naam na die Eureka-jeugsorgsentrum. In 2017 het die skool verander in ’n vaardigheidskool.

“Daar was ’n groot behoefte om ’n nuwe naam te kry aangesien die stigma van ’n jeugsentrum vir stout kinders nog aan die ou Eureka-naam gekleef het. Leerders, personeel en ouers het geleentheid gekry om voorstelle te maak en te stem. Die wenner was Breedevallei-vaardigheidskool,” het Llowellyn Syce, skoolhoof, gesê.

Die res van die dag is gevier met sewesrugby, netbal en sokker. Elke klas het ook ’n stalletjie gehad.

“Die polisie het ’n hondever­toning kom lewer. Worcester se K9-eenheid en berede eenheid was deel daarvan,” voeg hy by.

Die skool voorsien in ’n groot behoefte vir leerders met spesifieke behoeftes.

Akademiese klasse, sowel as werksessies en vaardighede word aangebied om leerders vir werksgeleenthede voor te berei.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.