Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Familie trek sluier om
06 September 2018

Die familie van die man wat verlede Maandag spoorloos verdwyn het net om weer Vrydag opgespoor te word, weier om verder met die media oor die aangeleentheid te praat.

’n Uitgebreide soektog is op sosiale media en in verskeie koerante van stapel gestuur om hom op te spoor.

Morné Olivier (42) van Ceres, ’n junior bestuurder by Kaap Agri in De Doorns, het verlede Maandag sy werk verlaat nadat hy gekla het hy voel nie lekker nie. Hy is later die dag die laaste keer by die Engen-vulstasie buite die dorp gesien, voordat hy spoorloos verdwyn het.

Die familie asook organisasies soos die Pink Ladies en die polisie het gevra vir inligting oor waar Olivier is.

Volgens Lillian Gerber, Olivier se suster, is sy motor dieselfde Maandag teen 15:10 by Oudtshoorn gewaar.

Die res van die week het verskeie mense op Facebook plasings gedeel met foto’s van Olivier en besonderhede van die wit Volkswagen Citi Golf waarin hy verdwyn het.

Dae het verby gegaan terwyl die soektog voortgeduur het.

Sers. Noloyiso Rwexana, ’n woordvoerder van die Wes-Kaapse polisie, het bevestig dat Olivier verlede Vrydag in Richardsbaai opgespoor is.

Volgens Netwerk24 is Olivier se vrou, Annalize, Vrydag saam met die polisie na Imvubu Lodge in Richardsbaai om haar man te gaan haal.

Annalize het Sondag aan Netwerk24 bevestig dat haar man by haar is en sy wou nie dat joernaliste met hom praat nie.

“Ons is nou klaar hiermee en dit het niks met enigiemand te doen nie. As julle weer ’n storie publiseer, gaan ek julle dagvaar. Moet my ook nooit weer bel nie,” het sy gesê en die oproep beëindig.

Imvubu Lodge het bevestig dat Olivier daar gebly het, maar wou nie verder daaroor met Standard praat nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.