Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Fiela se Kind’ in dorp verfilm

As jy gewonder het wat vandees­week in Kerkstraat gebeur het en dalk ’n voëltjie hoor fluit het dat Fiela Komoetie in die dorp is, het jy reg gehoor.

’n Gedeelte van die herverfilming van die 1989-rolprent Fiela se Kind is in verskeie dele, insluitend die NGK Moedergemeente se kerksaal, asook in en om Worcester gedoen.

Die regisseur, Danie Bester, sê Worces­ter was die perfekte dorp om die des­tydse Knysna-dorp uit te beeld.

“Ons het na verskeie plekke soos onder meer Montagu gekyk, maar Worcester het die naaste aan die ware jakob gekom.”

Volgens hom is nog opnames in Knysna en Uniondale gedoen. “Ons het die hoftoneel en nog ander tonele in Worcester gedoen.”

Bester sê dit is belangrik om die fliek, wat bykans drie dekades gelede verfilm is, ’n meer moderne aanslag te gee om die pragtige verhaal aan die jonger geslag te vertel.

“Die storie, Fiela se Kind, is deel van ons erfenis. Ons verfilm die mo­derne weergawe van die fliek om die storie toeganklik te hou, want tegno­logie ontwikkel voortdurend. Die boek word ook steeds gebruik as voorge­skrewe boek vir leerders in skole,” sê Danie. “Die storielyn is steeds gegrond op die oorspronklike boek van Daleen Matthee, maar ons gee net die fliek ’n nuwe baadjie.”

Ongeveer 50 Worcesteriete is as ekstras op die stel gebruik en Bester sê die gees van die plaaslike mense is lekker en hulle is heel gemaklik voor die kamera. “Dit is lekker om saam met die plaaslike mense te werk en dit blyk dat hulle gewoond is aan sulke soort werk. Dit is ook ’n goeie geleentheid vir plaaslike inwoners om blootstelling te kry. Wie weet, dalk sien Worcesteriete iemand bekend in die fliek.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.