Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Fiks-moord: Pietersen-saak weer uitgestel

Peter Pietersen (46), wat op aanklag van die moord op sy lewensmaat, Annelise Fiks (43), teregstaan, se saak is weer vir verdere ondersoek uitgestel.

Pietersen het vandeesweek, Maandag 4 Februarie, in die Worcester-landdroshof verskyn.

Vroeër vanjaar het landdros Antoinette Pearcey-Botha borgtog aan Pietersen geweier. Die woonadresse wat hy aan die hof verskaf het, het negatiewe resultate opgelewer. Twee adresse wou hom nie huisves nie en nog ’n adres het nie bestaan nie.

Fiks se liggaam is in November verlede jaar vóór die veldtog oor geweld teen vroue en kinders in ’n vrugteboord gevind. Haar liggaam is met kneuswonde onder takke gevind.

Die ondersoekbeampte het voorheen in die hof aangevoer dat Pietersen die aand toe hy Fiks na bewering vermoor het, aan haar vriende gesê hy gaan haar doodmaak.

Pietersen bly in aanhouding. Die saak is tot 5 Maart uitgestel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.