Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Flukse inwoner met sin vir humor vier 100 jaar

Dit gebeur nie aldag dat jy 100 bereik sonder enige siektes en kwale nie.

Margret Jordaan het Vrydag 1 Maart haar 100ste verjaardag gevier. Sy is al vir bykans 25 jaar ’n inwoner in die Awendrus-versorgingsoord, ’n tehuis vir bejaardes in Esselenpark.

Die bestuurder van die tehuis, Deline Fortuin, sê Margret se gesondheid is steeds goed.

“Dis net die ouderdom wat haar raak, andersins beweeg, gesels en hoor sy steeds goed. Sy het niks siektes nie, sy is ’n baie lieflike ouma,” sê Deline.

Margret is steeds fluks. “Sy maak vandag nog elke oggend haar eie bed op. Wanneer ons dit aan die kant maak, sal sy dit weer oordoen. Sy het vir jare haar eie wasgoed gewas. Tot 99 jaar het sy haarself met naaldwerk besig gehou. Ons het haar altyd gevang knip aan nuwe klere, dan verander sy dit na haar smaak,” vertel Deline.

Margret is in 1919 in Beaufort-Wes gebore. Haar ouers was Hester en Maans. Margret is nie meer seker wat haar nooiensvan was nie.

Sy het drie broers gehad, Josef, Jafta en Maansie. Haar man, Jan, is volgens Deline jare gelede oorlede. Hulle het nie kinders gehad nie. Deline beskryf Margret as ’n persoon wat daarvan hou om op haar eie te wees. “Sy sal soms alleen buite vertoef,” sê Deline. “Ouma is ’n eerlike en opregte mens, sy maak nie van haar hart ’n moordkuil nie.

Margret word ook beskryf as snaaks. Met Standard se onderhoud maak sy opmerkings soos: “Julle is nou in my besigheid. Die vrae is te diep.” Vir die onderhoud was sy in haar gunstelingkleur, rooi, geklee.

Volgens Deline het Margret nog nooit in haar lewe gerook of drink nie. Dalk is dit die resep vir haar 100 jaar.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.