Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Fotograaf kry wêreldwyd erkenning vir sy foto

’n Lid van die Worcester-fotografieklub het vroeër die maand groot eer ontvang toe een van sy foto’s internasionale erkenning gekry het.

Phillip de Lange (64) van Wolseley het al van kleins af in fotografie belang­gestel.

“My pa het destyds foto’s geneem. Ek was as jong man veral geïnteresseerd in die ou kameras,” sê hy.

Eers in die jare tagtig het hy sy eerste kamera gekry en vandag het hy meesterstatus in menige fotografieklub oor Suid-Afrika heen. Hy is ook ’n geakkrediteerde beoordelaar.

“Ek het staproetes begin doen en toe ek my kamera kry, het ek by ’n fotografieklub aangesluit en die liefde het net verder gegroei,” vertel hy.

De Lange is ook deel van die bekende aanlyn platform, GuruShots. Dis ook op hierdie platform waar sy foto internasionale erkenning ontvang het. Die platform het miljarde lede en deelnemers laai daagliks hul foto’s en stem vir ander se foto’s. Daar word gereeld nuwe temas aan lede gegee en hulle moet dan ’n foto laai wat aan die tema voldoen.

“Ek het lanklaas die platform besoek totdat ek Donderdag 11 Junie op die webtuiste gaan kyk het. Ek was nogal geskok toe ek sien my foto van die strandmeer tussen Hermanus en Stanford het gewen,” vertel hy.

Twee van sy foto’s is al voorheen, deur middel van die GuruShots-webtuiste, in Spanje uitgestal.

Hierdie bekwame fotograaf het ’n passie vir fotografie en hy wil dit graag met die jong mense deel. Hy bied ook fotografieklasse aan waar hy sy kennis en ’n paar wenke deel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.