Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Frank ‘kuier graag in CW’

Sy uitnemende vertolking van rolle soos “Ouboet” en “Ds. Tienie Benade” maak Frank Opperman verreweg een van die bekendste en gewildste akteurs in Suid-Afrika.

Mense het Frank met die jare deur sy kleurryke karakters leer ken en hy het ’n huishoudelike naam geword.

Sy nuwe tong-in-die-kies-vertoning Donkie was onlangs in Bonnievale te sien, en Standard het met hom gaan gesels.

As jy na Frank kyk, sien jy dadelik in jou geestesoog vir Ouboet met sy bekende waggelstappie, skouers vooroor en gereedskap in die hand.

“Sedert die dae van Orkney snork nie was daar ’n magdom ander TV-rolle en verhoogproduksies vir my, waaroor ek baie dankbaar is. Enkeles sluit in Die Vierde Kabinet, Gautengeleng en meer onlangs Pandjieswinkel en Munisipaliteit van Gwara Gwara. Die verhoog, kan ’n mens maar sê, is my speelplek,” vertel hy.

Frank het vier jaar in Worcester gewoon en sy laerskoolloopbaan hier voltooi waar hy as onderhoofseun van Laerskool Worcester-Oos al naam gemaak het.

“Dit is lekker om weer in Worcester te kom kuier. Ek probeer gereeld ’n draai maak. As ek in Worcester is, voel ek soos ’n prefek. Dit is ’n mooi wêreld en ek mis dit soms,” sê Frank.

Die vertoning handel oor Barry Swart, hoof van die Hoërskool Hans Oosthuizen, wat onder groot druk verkeer. ’n Rassistiese voorval het by die skool voorgekom en iemand moet die saak beredder.

“Barry is gatvol vir al die beskuldigings wat in sy rigting geslinger word. Dis Maandagoggend; hy stel sy saak,” vertel Frank.

“Ek hoop mense geniet hierdie vertoning. Dit is snaaks, maar baie kan daaruit geleer word,” voeg dié bekende akteur by.

Afgesien van teater het Frank nog een groot liefde – musiek.

“Ek is ’n closet- rock star. As ek eendag grootword, gaan ek ’n kitaarspeler word,” skerts hy.

Frank sê hy het al ’n paar albums gemaak, en om musiek te maak, is steeds een van sy “guilty pleasures”.

Hy was ook op Via, DStv kanaal 147, te sien vir twee reekse van Die ooms en die band waar hy en ander bekendes met hul orkes deur Suid-Afrika gereis het. By die huis is hy ’n pa, ’n lewensmaat en “iemand wat die lewe geniet en voluit leef”.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.