Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Friday Pieday-man vang graad

Die student in siviele ingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch wat bekendheid verwerf het vir sy Friday Pieday-video’s, het sy graad gekry

Ziyaad Jeftha (23) het sy graad oor vyf jaar voltooi en hy beskryf die video’s as die perfekte tydverdryf tussen die studies deur.

Sy parodie-musiekvideo’s wat onder die vaandel van Neighbourhood Entertainment op YouTube gelaai word, verskaf vir hom en sy vriende ure se genot.

Verlede jaar het hy en sy vriende sommer vir die grap begin kletsrym oor “Fridays wat eintlik Pieday is”. Die video’s het toe baie gewild geword.

“Ons wil ’n groot beweging begin met die video’s. Ons het tot nou toe al seker meer as 50 video’s op YouTube gelaai. Dis nou musiekvideo’s waar ons sing en rymklets. Ons werk ook aan ’n klerehandelsmerk wat sal bekend staan as BRAhSSE. Ons het ook al begin skiet aan episodes vir ons YouTube-koskanaal genaamd SmaakVriet,” vertel Jeftha.

Hy beskryf homself as ’n “young blood” wat nog op soek is na ’n werk.

“Ek het my graad Vrydag (14 Desember) gekry en het nou al my CV na verskeie maatskappye gestuur. Terwyl ek werk soek, gaan ek steeds betrokke wees by die opneem en oplaai van die video’s, want dit hou my uit die kwaad en dis ’n goeie plek vir al my idees om te groei,” sê hy.

Kalsum Jefta, Ziyaad se ma, sê sy is baie trots op haar seun. “My kind het homself besig gehou tussen deur die ‘swot’ met die ‘pie’-video’s. Dis baie anders as ander jongmense wat hulself besig hou met allerhande verkeerde dinge. Alle dank en prys kom die Almagtige toe wat my gebede as moeder aangehoor het. Ek glo en weet dat, net soos hy ’n sukses gemaak het van sy rymkletsvideo’s, sal hy ’n sukses maak van sy lewe vorentoe,” sê sy.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.