Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Gat wat seuntjie eis, toegemaak

Vervolg van bl.1

AO Sylvester Joseph van die Ashton-polisie het die voorval aan Standard bevestig en gesê ’n geregtelike doodsondersoek word gehou. Klein Wade Mouries se pa is deur polisiebeamptes aangesê om eenkant te staan en moes toekyk hoe nooddienswerkers sy kind probeer red.

“Ons kan bevestig dat die seun wel verdrink het. Die polisie, sowel as die brandweer en forensiese dienste, was op die toneel en het hom daar dood verklaar. Hy was reeds dood toe sy liggaam uit die drein verwyder is,” het Joseph gesê.

Gwyneth Mouries vertel verder hoe magteloos hulle gevoel het en hoe lank dit gevat het voordat sy haar kind die laaste keer kon sien. “Nadat hulle sy lykie uit die water gehaal het, was dit ongeveer nog 45 minute wat ons moes eenkant staan en toekyk hoe hulle met hom werk. Ons mag nie naby hom gekom het nie. Dit het my gebreek.”

Deon Mouries sê hoewel sy seun se dood ’n ongeluk is, hy die konstruksiemaatskappy Haw & Inglis (H&I) Construction, wat tans aan die pad werk, vir sy seun se dood verantwoordelik hou. Deon is toevallig ’n werknemer van dié einste maatskappy.

“Niks gaan my kind terugbring nie, maar dit is al maande dat ons as gemeenskap vra dat iets aan die oop dreine gedoen word, omdat hier baie kinders in die omgewing is. Dit is nou al drie maande dat daardie gat oop is en niks daaraan gedoen word nie. Tydelike deksels word opgesit en dan word dit vernietig of beskadig. Wie gaan verantwoordelikheid neem? Dit is nie dwelms en bendegeweld wat die enigste goed is wat ons kinders doodmaak nie – dit is nalatigheid ook,” sê hy.

Wade se ouers en familie sê hy was ’n besige kind wat altyd gelag het. “Hy was woelig, maar tog te vriendelik. Hy het altyd gedans as musiek opkom en was baie lief vir sy twee sibbe. Ons sal hom altyd onthou – hy was net die liefde vanself,” getuig hulle.

Standard het uitgereik na H&I Construction nadat die departement van vervoer en openbare werke navrae na hulle verwys het.

“Ons reageer met ’n swaar hart, veral in die lig van die feit dat die pa van die klein seuntjie vir ons werk. As ’n maatskappy is ons getraumatiseer deur die ongelooflike hartseer en hartverskeurende verlies van hul seuntjie. Ons wil ons opregte, innige meegevoel aan die familie oordra en ondersteuning en liefde onder hierdie verskriklike omstandighede aan hulle bied. ’n Volledige ondersoek na die ongeluk is tans aan die gang. Ons werk ook saam met die SAPD om op enige wyse moontlik van hulp aan die ondersoekspan te wees. Sodra die bevindings van die ondersoek voltooi is, sal ons in ’n beter posisie kan reageer rakende die omstandighede wat tot die ontydige dood van die klein seuntjie gelei het. Ons is deeglik bewus van die trauma wat die gesin ervaar, daarom wil ons toelaat dat die ondersoeke, intern sowel as deur die SAPD, voltooi word, waarna ons eers die familie sal toespreek voordat ons in die openbaar sal reageer,” het Francis Chemaly, die kommersiële direkteur van H&I, gesê.. Enigiemand wat ’n bydrae vir die gesin vir die afskeid vir die seuntjie wil lewer, kan Gwyneth Mouries by 061 139 0720 kontak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.