Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Gee dadelik aandag aan ons eise, vra Nehawu-lede

WORCESTER – Die vakbond Nehawu kweek bewusmaking na aanleiding van ’n groot aantal gesondheidswerkers wat hul lewe weens die Covid-19-pandemie waardeur hulle moes werk, verloor het.

Standard het verder verneem dat die veldtog sterk verband hou met gesondheidswerkers wat meen hulle kan beter beskerm word. Standard het by Lionel Saunders, die plaaslike sekretaris van Nehawu, gaan hoor wat hul eise is om die stresvolle tyd makliker te maak.

“Ons het besluit om strate toe te gaan om ons stem te laat hoor. Dit was aan die begin net tydens ons etensuur dat ons betoog het, maar ons het Donderdag (3 September) verder gevorder toe ons strate toe is om ons misnoeë uit te spreek,” vertel Saunders.

Die bewusmakingsveldtog is van stapel gestuur toe die staatsdiens weier om die laaste deel van die salaris-ooreenkoms, wat in 2018 onderteken is, uit te betaal. Met die uitbreek van die Covid-19- pandemie het die probleem egter nie vir gesondheidswerkers ligter geword nie en volgens die vakbond voldoen talle werkgewers nie aan die regulasies nie.

“Dit is die werkgewer se plig om ’n gesonde en veilige werksomgewing vir alle werkers te skep. Ons dring dus daarop aan dat meer gedoen word om gesondheidswerkers te beskerm.”

Nehawu se lede het op nasionale vlak betoog omdat verhogings nie soos ooreengekom betaal gaan word nie. Dit volg ná vele interne gesprekke wat gevolglik nie vrugbaar vir die werkers was nie en hulle dus hul stem moes dik maak.

Gesondheidswerkers in die plaaslike streek het hul ontslape kollegas onthou. Tot dusver is drie gesondheidswerkers tydens die Covid-19-pandemie aan dié gevreesde siekte dood.

“Ons doen ’n beroep op die breë gemeenskap om ons te ondersteun en verdraagsaam te wees. Dit is vir ons belangrik dat ons as sektor met die nodige respek behandel word,” sluit Saunders af.

Die vakbond beplan om vandag (Donderdag 10 September) hul lede aan te raai om hulle geheel en al aan diens te onttrek totdat aandag aan hul eise gegee word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.