Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Geliefde onderwyseres (63) sterf skielik

TULBAGH – Emily Roode (63), ’n bekende onderwyseres van Tulbagh, is Vrydag (4 September) skielik dood.

Roode was in die gemeenskap bekend as die geliefde “juffrou Emily” en by die skool was sy bekend as “ma”.

In 1974 het sy haar onderwysopleiding by St. Augustins in Kaapstad voltooi. Haar eerste betrekking was as grondslagfase-onderwyseres by die Hoërskool Waveren in Tulbagh en in 2013 het sy ook by dié skool afgetree. Ná haar aftrede het sy steeds skoolgehou en was sy tot haar dood ’n onderwyseres by Twee Jonge Gezellen Primêre skool.

Sy is ook in 2011 vir haar uitstaande diens deur die Wes-Kaapse Onderwys­departe­ment vereer.

Sy was ’n vurige netbalspeler en het destyds vir die plaaslike klubs Wanderers en United gespeel.

Verder het sy ook baie daarvan gehou om domino’s te speel en by sosiale geleenthede het sy haar eie stel saamgebring sodat almal kon speel.

Haar staaltjies het die kinders en kollegas meegevoer en almal het aan haar lippe gehang.

In haar onderwysloopbaan het sy saam met sewe skoolhoofde gewerk, onder andere Gammat Benjamin, Johnny Schippers, Eddy Reid, Abé Apollis, CJ Kordom, Terrance de Jongh, en Andelene Michaels.

Sy laat haar man, Bernie, seun Benarco, twee dogters, Zhanolene en Elana Lewis, drie kleinkinders, een broer en twee susters agter. .Die huisdiens vind Saterdag 12 September om 10:00 plaas en om 11:00 vind ’n diens in die VGK Tulbagh plaas.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.