Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Geliefde raadslid sterf

’n Geliefde raadslid, pleegma en kampvegter teen vroue- en kindergeweld in Langeberg, Henrietta Mangengenene (62), is verlede week tragies oorlede.

Hetta, soos meeste inwoners haar geken het, het vroeër jare as ’n verpleegster gewerk, maar die afgelope dekade haar toegewy aan haar gemeenskap en veral die vroue en kinders.

Hetta, wat ’n paar jaar gelede ook haar man aan die dood afgestaan het, het twee kinders van haar eie gehad, maar ook na sewe kinders in pleegsorg omgesien.

“Sy was ’n ma vir almal gewees. Sy was ’n mens wat gemaak is vir ander mense. Ons het ons ma verloor en die gemeenskap het ’n tweede ma verloor. Ons gaan haar baie mis,” het haar dogter, Steffeni, aan Standard gesê.

Sy is Woensdag 26 Augustus aan nierversaking oorlede.

Die Demokratiese Alliansie in die Wes-Kaap het ook haar heengaan as tragies en hartseer bestempel en vertel hulle het ’n ware heldin verloor.

“Sy het as raadslid vir wyk 11 in Ashton gedien en was ’n toegewyde dienaar vir alle inwoners. Sy was baie aktief in die stryd teen geslagsgeweld en veral drank- en dwelmmisbruik.

“Sy het ook tyd bestee aan die berading van jongmense oor tienerswangerskap, MIV en tuberkulose. Ons medelye gaan uit aan haar familie, vriende en kollegas. Ons wens hulle alle sterkte toe wat hulle gedurende hierdie moeilike tyd gaan nodig hê,” vertel Erik Marais van die DA.

Hetta het ook as die ondervoorsitter van DAWN in die Langeberg-kiesafdeling gedien en sedert 2013 as sekretaris in hierdie raad gedien.

Haar dogter sien tans om na al haar broers en susters. DAWN en die DA het Dinsdag 1 September ’n roudiens vir haar gehou en haar familie en vriende het Woensdag 2 September afskeid van haar geneem.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.