Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Gemeenskap beveilig nou

Die Avianpark-gemeenskap het, in samewerking met die Umbrella-groep en Breedevallei Onafhanklik (BO), ’n gemeenskapveiligheidsprojek begin.

“Ons het in Desember 2019 begin werk aan die projek se raamwerk en talle vergaderings met die gemeenskap gehou om uit te vind hoe hulle dink die projek ’n versekerde sukses sal wees,” vertel BO-raadslid, Kristen Benjamin.

Die veiligheidsprogram het begin in een blok van drie strate. Die gemeenskap maak gebruik van groeppatrollering en stap laatnag in die gemeenskap rond om misdaad te bekamp.

“Ons is glad nie ’n buurtwag nie. Ons stap net in die gemeenskap en identifiseer moontlike misdaad wat kan plaasvind. Dit is baie belangrik vir ons om voorkomend op te tree en dit is presies wat die program probeer doen,” sê Benjamin.

Die projek dien as ’n model om te kyk of die implementering van die program wel ’n impak sal hê op misdaadvoorkoming in die area.

“Tot dusver het die program reeds vrugte afgewerp met mense wat nog net positiewe terugvoering gegee het en die gemeenskap het rêrig meer geheg geraak aan mekaar.”

Die program wil graag binnekort begin om toerusting soos veiligheidsbaadjies, flitse en ander toerusting aan te koop met geld wat in die gemeenskap ingesamel is.

“Die program laat my voel dat ek nie meer alleen is nie en daar mense is wat ek kan kontak as ek vreesbevange voel. Die program bewys dat daar krag is in ’n gemeenskap wat saamstaan,” sê ’n anonieme inwoner van Avianpark.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.