Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Gemeenskap rou oor seder wat val

Dirk Brand, oudonder­bur­gemeester van die destydse Worcester-munisipaliteit, het ’n merkwaardige lewe gelei en diep spore getrap.

Hy is op 12 Julie oorlede. Sy loopbaan het oor dekades gestrek sedert hy in 1973 as voorsitter van die Worcester-belasting­betalers­­vereniging gedien het.

Buiten dat hy in menige hoedanighede die gemeenskap gedien het, was hy ook ’n gesinsman en pa van twee dogters, Alta en Hannelie, en een seun, Johan. Hy was ook oupa van vyf en oupagrootjie van een.

“Ons het mekaar in 1955 ontmoet. Ek was 19 jaar oud en hy het pas vir ’n jaar in die weermag gedien. Dirk was altyd bedrywig en dis hoe ek hom ontmoet het,” herroep sy vrou, Rina.

Die egpaar het in 1961 in die huwelik getree en het op 8 April hul 60ste huweliksherdenking gevier. Rina vertel haar man was ’n baie sosiale mens en het dit geniet om met mense te kommunikeer en hulle te help.

Nadat hy in die belastingbetalers­vereniging gedien het, was hy van 1974 tot 1989 ’n raadslid van die Worcester-munisipaliteit. Van 1980 tot 1981 en weer van 1983 tot 1984 was hy twee keer Worcester se onderburgemeester. Van 1994 tot 1995 was hy ’n oorgangsraadslid van die Worcester-munisipaliteit. Hy het jare lank ook in die bestuur van die Pionierskool gedien en een van hul woonstelblokke in Napierstraat is na hom genoem. Hulde is ook aan hom gebring in die vorm van ’n straat in Langerug wat na hom genoem is.

“Hy het nie baie tyd by die huis deurgebring as gevolg van sy verpligtinge nie, maar oor naweke het hy baie tyd aan my en ons kinders bestee. Hy was soos ’n leeu wanneer dit by die beskerming van sy vrou en kinders gekom het. Selfs ook sy kleinkinders en agterkleinkind ook. Hy het regtig baie diep spore in ons familie se lewe getrap,” sê sy.

Rina noem dat haar man ook op ’n tyd die voorsitter van die skietklub was, as­ook die musiekvereniging. “Toe hy lid was van die skietklub was, was dit vir hom baie intens. Hy was toegewyd aan die sport en het baie trofeë en kompetisies gewen. Hy het ook ’n baie goeie tenoorstem gehad en het jare lank in die kerk gesing.”

Nadat Dirk in 2003 afgetree het, het hy en Rina mekaar en die lewe geniet.

“Ons het baie gaan toer en gaan kuier. Ons kon mekaar geniet en al die tye weer inhaal. Maar op 79 het hy alzheimers begin kry. Aan die einde was dit hartseer om te sien hoe so ’n geleerde man woorde van alledaagse artikels nie onthou nie. Maar ek gun dit vir hom (sy sterfte). Ek is regtig baie trots op dit wat hy in sy leeftyd gedoen en bekom het.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.