Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Gemeenskap ‘sluit’ kliniek oor te hoë werklading

Inwoners van De Doorns het Donderdag, 30 Mei die De Doorns-kliniek “gesluit”.

’n Woordvoerder van die gesondheidsdepartement, Maret Lesch, sê die voorval het kort nadat die kliniek oopgesluit is, plaasgevind.

“Lede van die gemeenskap het die kliniek se sleutels by die personeel afgeneem en verhoed dat dienslewering plaasvind. Hulle het aangedring om met die bestuurspan te vergader oor die personeel se werklading. Die verhoogde werklading was weens twee personeel­lede wat met siekverlof was, waarvan een op dié dag weer begin werk het,” sê Lesch. Dienslewering is teen 11:30 by die kliniek hervat.

“Akute noodgevalle is deur die nooddienste na die Worcester-hospitaal verwys sodat soveel as moontlik pasiënte gehelp kon word,” sê Lesch.

’n Tydelike plan is tans in werking. “Om die druk te verlig wat personeel by die De Doorns-kliniek tans ervaar, los personeel van klinieke in die omgewing tydelik hier af en ’n verpleegkundige van ’n agentskap is ook tydelik aangestel,” verduidelik Lesch.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.