Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Gemeentelede stap in kerk se ou spore
Lede van die Nederduitsch Hervormde gemeentes van

Die Nederduitsch Hervormde gemeente van Worcester het onlangs gasheer gespeel vir hul sustergemeentes van Paarl en Stellenbosch om Worcester se erfenisskatte vir hulle te wys.

Die Worcester-gemeente was al op ’n soortgelyke toer deur Paarl en Stellenbosch. Die toer het grootliks om die administratiewe ontstaan en geestelike ontwikkeling van Worcester gewentel en vier plekke is besoek.

Roodewal-opstal

Die toer het by die Roodewal-opstal op Kleinplasie begin. Roodewal is destyds as ’n geskikte ligging vir die uitleg van Worcester in 1820 op die oewer van die Hexrivier, halfpad op die Kaapse “wagenpad” tussen Tulbagh en Swellendam, gekies.

Roodewal is in 1746 die eerste keer aan Pieter du Toit d’Oude toegeken en het oor die jare sowat 20 keer van eienaar verwissel. Die eerste erwe in Worcester is in 1819 op die oostelike stoep van die huis opgeveil en dit het van 1820 tot 1825 as Worcester se eerste drostdy (kantoor of ampswoning van die landdros) gedien. Van 1829 tot 1841 was dit die NG Moedergemeente se eerste pastorie, waar ds. Henry Sutherland gewoon het.

Drostdy

Hierna is die groep na Worcester se tweede drostdy – die Drostdy-koshuis aan die bopunt van Hoogstraat, wat deel van HTS Drostdy is.

Interessante aspekte rakende die argitektuur en gebruike van die vertrekke was deel van die toer. Die geskiedenis van teregstellings op Galgeheuwel, die ou tronk in Distilleryweg en die ou begraafplaas van tereggestelde misdadigers is aan die groep uitgewys.

“At Last” by Kerkstraat 162

Hierdie huis is waar die NG Moedergemeente van Worcester in 1820 ontstaan het en waar ds. Henry Sutherland sy eerste preke gelewer het.

“At Last” is oorspronklik deur Heemraad Jacobus du Toit (1777 – 1845) van die plaas De-Twee-Fonteynen-gelegen-aan-de-Hexe-Revier (vandag Tweefontein by De Wet) in 1820 as tuishuis gebou. Hierdie huis is so oud dat dit nog met van die oorskietgeelhoutbalke en -planke van die drostdy gebou is. Aangesien die NG Moederkerk eers in 1831 gebou is, is kerkdienste van 1820 tot 1831 in hierdie huis gehou.

NG Moedergemeente

Die skrywer se oorgrootjie, Heemraad Wouter de Vos (1800 – 1841) van die plaas De-Buffels-Crael-gelegen-aan-De-Doorns’ (vandag Buffelskraal in die Bo-Hexvallei) het die preekstoel van die kerk in sy waenhuis op Buffelskraal gebou – dít na aanleiding van tekeninge van die preekstoele van die groot Nederlandse gemeentes. Die historiese vertrek waar die preekstoel gebou is, kan vandag nog op Buffelskraal gesien word.

Die koster, Corrie Smit, het aan die groep die bedjies in die konsistorie gaan wys waar babatjies gelê en slaap het voordat hulle gedoop is. Die ou lykshuis buite die kerk waar lyke voor begrafnisse “uitgelê” is asook die waenhuis waar die ou lykswa gestaan het, was ook deel van die toer.

Die toer is met ’n heerlike Braaidag-viering by die Nederduitsch Hervormde kerk afgesluit.

. Dr. Julian Kritzinger is die BVM-burgemeesterskomiteelid vir plaaslike ekonomiese ontwikkeling, toerisme, kuns en kultuur.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.