Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Gesellige kuier met Orchard Korrel en Pit

Worcesteriete het verlede Donderdag ’n gesellige kuiersessie by die Orchard Korrel en Pit-aand gehad.

Dié byeenkoms is by Kleinplasie aangebied en is moontlik gemaak deur Orchard Suppliers in samewerking met die Rawsonville-Vryburgers.

Volgens een van die koördineerders, Rudy Swanepoel, is vanjaar die eerste keer dat die geleentheid as deels geborgde aand aangebied is. “Na die doodloop van die skou het ons die kuier as ’n kliënte-aand aangebied. Vanjaar is egter anders aangebied,” sê Swanepoel.

Minstens R200 000 is ingesamel by die geleentheid. Marthinus Griessel van Rawsonville-Vryburgers sê die geld sal aangewend word om by te dra om die omstandighede in die gemeen­skap te verbeter.

“Ons sal aan omliggende skole en instansies skenk.”

Die gehoor is vermaak deur optredes van die grapjas, Pietman Geldenhuys, asook die sangpaartjie Wynand en Cheree Strydom. Daar was ook ’n gelukkige trekking. Rawsonville-Vryburgers het ’n liplekkerete vir die gaste voorberei.

Swanepoel sê dit is ’n geleentheid wat mense reeds vir volgende jaar in hul dagboek kan aanteken.

Die organiseerders het alle rolspelers en borge bedank vir hul ondersteuning. “Die aand het baie goed afgeloop. Dit was baie beter as wat ons verwag het,” sê Swanepoel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.