Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Gesin het aanvaller geken
Stephne Groenewald


’n 74-jarige vrou van Touwsrivier wat vroeg Dinsdagoggend in haar huis aangeval is, is sò hard geslaan dat sy bewusteloos in ’n plas bloed gelê het.

Boonop het die Groenewalds een van die vermeende aanvallers geken.
Stephne Groenewald het talle beserings opgedoen in die voorval wat tussen 05:15 en 05:30 gebeur het.
Alida Groenewald, Stephne se dogter het aan Standard gesê haar ma staan elke oggend vroeg op.
“Soos gewoonlik het sy opgestaan, haar tee gemaak en die katjie laat uitgaan. Sy het in die kooi gelê en brei toe die hondjie wat sy het baie hard begin blaf het. Toe sy die deur oopstoot het daar ’n man voor haar gestaan en dis toe dat hy haar aanval,” sê Alida.
Alida se die 42-jarige verdagte het alles van haar ma en haar huis geweet. “Hy het altyd voorgee dat hy bekeer is en ons het mekaar in die straat gegroet. Hy is bekend aan ons,” sê sy.
Sy dié man het haar ma toe teen die muur gestamp en geslaan dat sy bewusteloos teen die wasbak in die kombuis in ‘n plas bloed gelê het.
“Hy het verder in die huis ingegaan en ’n selfoon, geld, ’n sak met ’n beursie en skokmasjientjies gevat en toe is hy hier weg,” vertel Alida verder. Haar ma het haar bewussyn herwin en kon hulp verkry.
“Om te sê ek is kwaad en woedend is nie genoeg nie. Ek is baie teleurgesteld in dit wat gebeur het. Mense gee voor en dit wys net dat mense verander nie sommer nie.
Dogter van die slagoffer
Volgens Alida is die man wat bekend is aan hulle binne twee ure gevang en in hegtenis geneem. Sy vertel daar was ’n spoor in die bloed en hy is met die bebloede skoene aan gevang. Nog ’n verdagte is ook in hegtenis geneem.
Alida sê haar ma het beserings aan haar gesig, bors, arms, kop en rug opgedoen. Sy is Vrydagoggend uit die Worcester Mediclinic ontslaan en sterk tans by die huis aan.
“Om te sê ek is kwaad en woedend is nie genoeg nie. Ek is baie teleurgesteld in dit wat gebeur het. Mense gee voor en dit wys net dat mense verander nie sommer nie. Jy moet nie net mense vertrou nie. Ek is net so dankbaar dat my ma nou by die huis is want sy beteken ontsettend baie vir ons."
Die Touwsrivier-stasiebevelvoerder, kapt. Zanoxolo Ntshwaxa, het die voorval bevestig.
Ntshwaxa sê ’n dossier is by die polisie geopen en twee verdagtes van 42 en 54 is in hegtenis geneem.
“Hulle het Donderdag, 11 Julie, in die hof verskyn en die saak is uitgestel tot 25 Julie vir borgaansoek. Die verdagtes bly in aanhouding,” het Ntswaxa aan Standard gesê. 
Meer oor:  Touwsrivier  |  Aanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.