Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Gesondheidswerkers is hier vir ’n ieder en elk

Die welstand van die gemeenskap is die rede waarom gemeenskaps­gesondheids­werkers van deur tot deur stap.

Hulle bemagtig inwoners met inligting, identifiseer siekte­toestande vroegtydig en sal jou inlig as jy ’n kliniek of mobiele kliniek moet besoek.

Gemeenskaps­gesondheids­werkers help mense om hul kroniese medikasie reg te gebruik en gee voorligting om siektetoestande te bestuur ten einde komplikasies te voorkom.

Gemeenskapsgesondheids­werkers is ’n verlengstuk van Wes-Kaap Gesondheid en is dik­wels gemeenskappe se eerste aanraking met gesondheids­dienste.

November is opgedra aan dié individue wat hulle daaraan toewy om mense se lewenstyl en gedrag positief te beïnvloed sodat hulle goeie gesondheid kan hê.

Die Kaapse Wynland het ongeveer 300 gemeenskaps­gesondheidswerkers. Hulle kan uitgeken word aan die uniforms van die nieregeringsorganisasie deur wie hulle aangestel is, asook hul naamplaatjies.

Met ’n tuisbesoek word spesifieke vrae aan almal in die woning gevra en word leiding gegee oor gesondheidsonder­werpe. Die klem word ook gelê op sorg aan ma’s en kinders en veral die eerste 1 000 dae van ’n kind se lewe.

In die eerste 1 000 dae (die tydperk sedert bevrugting tot die kind se tweede verjaardag) is die ma en baba se gesondheid baie belangrik. In hierdie tydperk vind die meeste brein­ontwikkeling plaas. Voeding en stimulasie is baie belangrik.

Gemeenskapsgesondheids­werkers leer ouers en versor­gers oor die belangrikheid van liefde, speel en interaksie sodat hul kind so goed as moontlik ontwikkel.

Gemeenskapsgesondheids­werkers in Drakenstein word nou voorberei om van Februarie 2020 af voort te bou op die eerste-1 000-dae-konsep deur sorg en liefde met die gebruik van ’n kombers as simbool te verduidelik.

As deel van die Kombers­projek kry ouers en versorgers praktiese leiding om sorg en beskerming teenoor die baba en mekaar te versterk en ’n spesiale band met die baba te vestig.

“Ek glo die toevoeging van hierdie opleiding is kritiek vir die emosionele ontwikkeling van die kind. Dit help almal in die familie om hul rol in die baba se ontwikkeling te besef en ook hoe die baba gestimuleer moet word, hoe jy liefde toon en hoe jy na jouself kan omsien,” sê Kathleen Lucas, koördineer van opleiding en gemeenskaps­gesondheids­werkers in die Kaapse Wynland.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.