Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Gesteelde goed terug – soek nou na die verdagtes

Die Wolseley-polisie is op soek na ver­dagtes in ’n huisbraak by ’n woon­stel by die Sir Garnett-hotel in die dorp.

Goeie speurwerk het gelukkig die meeste van die gesteelde goedere aan die eienaar terugbesorg.

Volgens die polisie het die inbraak tussen Vrydag 1 Februarie 18:00 en Saterdag 2 Februarie 09:10 gebeur.

“Die huurder van die woonstel was nie tuis en die inbrekers het die deur van die woonstel oopgebreek en verskeie toerusting, onder meer ’n plasmatelevisie van R6 000 uit die woonstel verwyder.”

Ná goeie ondersoekwerk deur speursersante Ricardo Pietersen en John van Rooyen, tesame met die Worcester-kluster se opsporingseenheid, is die meeste van die gesteelde goedere teruggevind. Daar is egter nog niemand in hegtenis geneem vir die huisbraak nie.

Enigiemand met inligting oor moontlike verdagtes kan die Wolseley-speurtak skakel by 023 231 8012.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.