Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Griep slaan sy kloue in B’vallei in

Die verkoue- en griepseisoen is in volle swang met talle Breedevalleiers wat platgetrek is.

Die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement het tussen April en Junie gratis griep-entstowwe aan bykans 9 000 mense in die Kaapse Wynland voorsien volgens die woordvoerder van die gesondheidsdepartement, Sandra Maritz.

“Vir die griepinspuiting om doeltreffend te wees vir die Suid-Afrikaanse griepseisoen, word aanbeveel dat mense wat in die hoërisikogroep val, in Maart en April vir die inspuiting gaan.”

Die griepvirus versprei hoofsaaklik deur spoegdruppels wanneer mense met griep hoes, nies of praat.

Tekens en simptome van griep sluit in: skielike koors, akute boonste lugwegsimptome soos droë hoes en seer keel, algemene simptome soos hoofpyn, lusteloosheid, spier- en lyfpyn, en kouekoors.

Veral kinders kan ook naar word en diarree kry.

Mense wat griep het, word aangeraai om tuis te bly en kontak met mense te vermy, ’n sneesdoekie voor hul neus en mond te hou wanneer hulle hoes en dit daarna weg te gooi, gereeld hande te was met seep en water, veral nadat hulle gehoes, genies of neus geblaas het en oppervlaktes waaraan gereeld gevat word, skoon te hou.

Griep is nie gewoonlik ernstig nie, maar kinders, bejaardes, mense met onderliggende en chroniese siektetoestande en swanger vroue word aangeraai om mediese sorg by hul naaste kliniek te kry indien hulle griepsimptome ervaar.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.